Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Ek kan nie dink dat die sterre in Sutherland enigsins mooier is as in Carnarvon nie!"
"Om oor die damwal te kon ry en by die uitkykpunte te kon stop en die wal te kon aanskou was regtig iets om te onthou."
"Port Nolloth is 'n baie oulike plekkie, maar daar kan aan die skoonheid van die dorp gewerk word, veral langs die wandelpad is rommel gestrooi. Die mense is baie vriendelik. Ons wou graag by die Museum inloer om van die geskiedenis iets te hoor, maar ongelukkig is dit 'n verwaarloosde en verlate gebou."
"Sal beslis weer besoek wil aflê in Calvinia. Daar is soveel van die dorpie wat ons nog wou sien, maar tyd het ons ongelukkig ingehaal."
"De Aar is miskien te 'n rustige dorpie. Ken nie regtig die omgewing nie. Dit lyk skoon, net baie rondloper honde."
"Springbok is 'n groterige dorp wat alle noodsaaklike besighede het en geriewe kan bied. Springbok is naby die Skildpad Natuurreservaat en sodoende uitstekend geleë om daarvandaan die blomme te besien in seisoen. Buite-seisoen is dit baie warm in die somer, dit het nogal verbasend afgekoel in die nag. "
"'n Moet-bestemming! Interessante geskiedenis en absoluut pragtig! Victoria West is 'n interessante dorpie, besoek gerus die Monument. "
"Kathu lê omtrent 6 km van die hoofroete af. Die winkelsentrum bied alles wat mens kan nodig kry. "
"Baie rustige plek om oor te slaap - baie goed. Hulle kan dalk meer klem lê op waar toeriste heen kan gaan en plekke van belangstelling op 'n kaart sit en by elke gastehuis uitdeel aan besoekers."
"Britstown is 'n pragtige dorp en ons almal kan 'n bladsy vat uit Britstown se boek hoe om nederig en ordentlik te wees. "
"Daar is baie geskiedenis verbonde aan die dorp. Ons sal graag langer wil vertoef om alles te ondersoek."
"Ek was regtig verbaas oor die dorpie se kultuur en museums ens. Ek het heerlike geëet by die Vetmuis! So rustige atmosfeer. Ek is spyt ek het nie meer verkenning gedoen daar nie. Sal dit beslis aanbeveel."
"Hoewel Colesberg so bietjie van die Groot Karoo bekoring het, sien ek dit maar net as 'n oornagplekkie. Die mense in die Groot Karoo, en dan ook Colesberg, is almal baie vriendelik en hulpvaardig (restaurant, verblyf, petrol garage, winkeltjies - almal). "
"Ons het net bietjie gesoek na die plek, sal goed wees as hulle dalk meer rigtingaanwysers aanbring."
"Redelik maar sal eerder so 80 - 100 km nader aan Graaff Reinet wou oorslaap, maar is huiwerig waar om te gaan. Die webtuiste se "ratings" is nie altyd op standaard nie. "
"Ek kan nie sê of Kathu 'n goeie toeristebestemming is nie, want ons was net vir die aand daar. Ek kan wel se dat die dorp baie skoon en netjies is as mens daardeur ry en dat dit rustig vertoon. "
"Die dorp het goeie potensiaal, maar daar blyk nie 'n saamstaanaksie te wees om die dorp op die kaart te plaas nie - dorp is in meer as 1 opsig erg verwaarloos wat mens onseker laat oor jou neus by die deur uit te steek. Daar is ook nie aksies deur gastehuise om jou met 'spesiale vervoer' bakkies of bussies na besienswaardighede te vat nie - wat natuurlik op 'n warmsdag 'n swemplek kan insluit. Die wildsplase doen dit met groot sukses."
"Ons was nie juis ver in die dorp in nie, maar dit lyk na 'n rustige dorpie met vriendelike mense."