Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Aanvanklik nie beïndruk nie. Nie 'n tipiese vakansiedorp nie, maar na drie dae wou ons langer bly. Ek gaan weer."
"Die verwagting was om meer blomme te sien in die omgewing, maar ons het nogtans die verblyf in Springbok aangenaam gevind."
"Sal Kakamas weer besoek, het nie al die benoemingswaardighede besoek nie. Die Pienk Padstal was ons vashaakplek. Lekker geëet en gekuier by baie vriendelike eienaar!"
"Colesberg is maar 'n oornagbestemming vir die reis na die Kaap. Ek dink nie daar is iets anders om te doen in Colesberg."
"Die Groen Kalahari is 'n juweel in Suid-Afrika se kroon en die gasvryheid en warm mense maak dit baie besonders."
"Die begraafplaas in haglike toestand. Die mense van die eiland se voorouers lê daar begrawe en niks word gedoen om dit netjies te hou nie. Grafstene word beskadig. Skande."
"Ek dink die stadsraad kan soveel meer doen om toerisme te verbeter. Springbok is 'n goeie wegspringplek om Oukiep, Nababeep, Port Nolloth, Hondeklipbaai te verken, maar buite Goegap gaan daar nie veel aan in die dorp self nie."
"Blommetyd is Nieuwoudtville 'n moet vir enige blomkyker. Ons het die watervalle met heelwat water baie geniet. Doen aankope van kos en ander gebruiksgoed voordat jy Nieuwoudtville besoek."
"Ons het net buite Britstown oornag. Die area waar die plaas geleë was, was stil en rustig. Ek het die mooiste sonsondergangfoto's op die heuwel geneem."
"A magical flower destination. We were there in August and saw an amazing variety of flowers and bulbs. The light meals provided in the local church hall during flower season are delicious and economical. A number of accommodation choices are available to suit all needs."
"The road network is absolutely fantastic, as well as the picnic spots along the road. Very well done!"
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"Baie skoon en vriendelike mense. Hul kos was ook heerlik by die restaurante."
"Weet nie of dit vir amal se smaak is nie, maar as jy van klein dorpies en sy mense hou sal jy baie welkom daar voel."
"Jammer van die groot afstand vanaf Pretoria, anders sou ons elke lente daar wil wees. Dis nog goeie outydse Afrikanermense daar en die natuur is van 'n mooie, ruige soort. Die tyd was gans en al te kort om lekker in die plek te kan kuier!"