Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7907 reviews.
"Weet nie of dit vir amal se smaak is nie, maar as jy van klein dorpies en sy mense hou sal jy baie welkom daar voel."
"Jammer van die groot afstand vanaf Pretoria, anders sou ons elke lente daar wil wees. Dis nog goeie outydse Afrikanermense daar en die natuur is van 'n mooie, ruige soort. Die tyd was gans en al te kort om lekker in die plek te kan kuier!"
"Loeriesfontein bietjie ver van hoofroete (N7) na Noord-Kaap. Nie veel om te sien nie."
"We loved the Karoo, but better to stay outside Britstown itself. Rooidam Cottages on a nearby sheep farm was ideal."
"Die dorpie is baie skoon, netjies en veilig. Ek was beïndruk met die SAPD wat snags patrollie doen."
"Dit wat ons gesien het was maar deurmekaar en vuil. Restaurant maak eers 17:00 oop en pryse is belaglik. (Restaurant is nie deel van gastehuis nie.)"
"Baie rustig. Tipiese Weskusdorpie sonder enige wêreldse luukshede. As jy daarvan hou om klippies of skulpies op te tel op die ongerepte strand of waardering het vir 'n pragtige sonsondergang oor die see, sal die plek jou aantrek."
"My ouers het lank op Kakamas gewoon en dus is dit vir my die beste plek in die Noord-Kaap."
"Ons was baie gelukkig om hierdie jaar 'n fantastiese blomseisoen te beleef met ons besoek. Die kokerboomwoud is 'n moet om besoek by af te lê, asook die Kerk in die dorp."
"Springbok is 'n pragtige dorp tussen klipkoppe. Springbok lodge en restaurant is werklik 'n besienswaardigheid om nie te mis nie. Koop die lekkerste vars dadels daar en kry al die nodige advies."
"Colesberg is die perfekte middelpunt om te gebruik om oor te slap tussen Gauteng en Kaapstad. Nie veel om te doen nie. En darem was dit nie so koud soos voorheen nie."
"Die waterwiel kan beter opgepas word en nie tot niet laat gaan nie. Die bedellende jeug kan dalk ook beheer of besig gehou word."
"Kan nie kommentaar lewer nie omdat ek eers laat in die aand in Colesberg aangekom het en vroeg Sondagoggend weer vertrek."