Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Ek weet daar is meer te doen en te sien, maar dit is nie opsigtelik nie. Sigbare (above line) borde sal beter werk - nie almal ry deur die plekkie met hulle slimfone aan nie. Ek is lief vir die wêreld en ry graag deur Keimoes, maar weet nog steeds nie regtig wat daar is om te doen en te sien nie. "
"Britstown self is nou nie vir my 'n toeristebestemming nie, maar Sweetfontein wel."
"Die plek is baie ver en afgeleë, maar dit het sy eie mooi al is dit baie droog op die oomblik."
"Tipiese, hedendaagse plattelanse dorpie met vuil strate vol slaggate en bedelaars voor winkels. Geen behoorlike restaurante nie. "
"Kathu se ligging is ideaal vir oorslaap as jy reis vanaf Gauteng na Namibië of die Weskus. Die dorp het my aangenaam verras."
"Ek het baie lank daar gewerk en ken baie mense daar, maar dit is 'n lekker dorp met baie goeie mense. Die dorp brei ook baie uit met geleenthede vir almal daar. 'n Besige dorp."
"Baie interessant, vreeslik geniet, eg plattelands, interessante en gesellige restaurante, heerlike kos, vriendelike mense!"
"Die dorp se hoofstraat het definitief aandag nodig. Ek het in ‘n reënstorm daar aangeland en deur ‘n hele paar gate en modderplasse gery om my weg te vind. Die swaar voertuie deur die dorp rig groot skade aan die paaie. Vanaf Bloemfontein is die Caltex-garage die wenner met hulle Spur, Seatle Coffee Shop en Fresh Stop-fasiliteite. Die personeel daar is vriendelik en hulpvaardig."
"Britstown is 'n tipiese Karoodorpie met weinig om te doen, maar die vriendelikheid van die mense maak op vir die gebrek aan doendinge. Praat met die mense oor die dorp en hulle is entoesiasties oor hulle en hul dorp se geskiedenis."
"Hulle moet hulle ou geboue net so behou en niks moderniseer nie. Dit gee karakter aan die rustige Karoodorp."
"Ek het nie tyd gehad om die dorp te ondersoek nie, maar die ete by die Pot & Barrel Restaurant was puik."
"Dit is 'n unieke plek wat nie in almal se smaak sal val nie, as jy stilte en vrede soek is dit waarheen jy moet gaan. Ek sal weer en weer teruggaan. Nog nooit het ek so uitgerus gevoel na 'n vakansie nie. Nie eers die twee dae lange reis in die hitte terug na Johannesburg kon dit wat ek daar ervaar het, uitvee nie."
"Net een nag oorgeslaap en gaan eet by Ocean Basket. Baie lekker en skoon."
"Buiten Williston Mall is daar nie veel te sien of doen in die dorp nie en langer as twee dae se verblyf mag dalk langdradig begin voel. Dit is wel die perfekte plek as jy vir 'n paar dae wil verdwyn."