Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"Die SPAR op Port Nolloth het voorraad, maar maak vroegerig toe. "
"Oulike dorpie met die heerlikste lamsvleis en goeie "sout van die aarde"-mense."
"Lekker om van Springbok as basis die streek te verken. 'n Netjiese dorp met goeie fasiliteite."
"Fantastic, quite and safe place to stay over between your long journey on the road."
"Dit is warm in Desember! 'n Ou wat daar vanuit Mosselbaai gaan kamp, is seker maar so bietjie mallerig! Maar as die Kalahari eens aan jou geknyp het, dan gaan jy maar weer en weer!"
"Baie mooi en rustige plek. Lyk baie veilig, want 'n mens sien nie veel sekuriteitsheinings om die persele nie."
"Good area for bird lovers to visit al lot of Karoo specials. It can be located here quite easily in the village as well as in the adjoining Rolfontein nature reserve. Lots of water sport activities available on the dam."
"Ek was geskok om te sien hoe baie gemors, papiere en sakke al om die dorp was. Dit het my vreeslik afgesit."
"Dit lyk wel of daar moeite gemaak word om die geboue in die dorp op te knap. In sekere dele van die dorp en net buite Victoria-Wes is dit egter ongelooflik vuil met vullis wat die hele wêreld vol gestrooi lê."
"Die dorpie is 'n goeie oornagbestemming op jou reis Kaap toe en die mense doen moeite om hul dorpie skoon en mooi te maak. "
"The locals are welcoming and always willing to engage in conversation."
"Dis 'n heerlike bestemming om deel te maak van enige reis. Ek sou ten minste twee aande bly om jouself kans te gee om na die Mannetjie Roux museum te gaan en ook van die erfenis te beleef. Die brosjures sê dat die gebied in September in blomme onthul is, wat verseker die moeite werd sal wees om te beleef."
"Sou dalk verkies het om ons bespreking vir 'n ander tyd te maak as ons bewus was dat die valle baie lae vloei op daardie stadium getoon het."
"Dankbaar vir die nuwe restaurant maar baie teleurgesteld oor die Rooispinnekop - die kliëntdiens was swak. Dop en Kreef se atmosfeer was baie lekker en die kos is lekker. Ek verstaan jy moet dit wat jy benodig saamvat, maar ek kon sien dat die winkeltjies ook nie meer dieselfde is as 4 jaar gelede nie, maar ek is steeds dankbaar dat daar winkeltjies is. Die kragprobleem na die donderweer is vinnig deur die munisipaliteit opgelos. Die water was net die eerste 2 dae 'n probleem, maar die res van die vakansie het ons geen probleme gehad nie. Oor die algemeen is ek mal oor Hondeklipbaai en sal verseker weer daar gaan vakansie hou. "