Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Kakamas met my eerste besoek was baie goed. Baie besienswaardighede en netjiese, skoon dorp."
"Mens se hoogste verwagtinge word oortref. Inligtingsentrum was baie vriendelik en behulpsaam. Sal die dorp weer besoek."
"Ek kan nie glo dat ons in 14 jaar in die Noord-Kaap 'n juweel soos Kakamas misgery het nie, wat 'n pragtige en interessante dorpie - beslis nog 'n besoek werd!"
Monument Heights, Northern Cape
Mondior Manor"As oud-Kimberliet was ons aangenaam verras oor hoe baie Kimberley uitgebrei het en besonders verras oor hoe gerieflik naby aan alles Monument Hoogte en Royldene nou is!"
"Love the Northern Cape landscape, people and animals. The roads are infinitely better than in Limpopo and Mpumalanga - so a compliment to your administration."
"Maak net voorsiening as jy op 'n Sondag daar oorslaap. Restaurante maak vroeg toe. Pragtige omgewing."
"Bemark die plek beter! Maak daarvan 'n toeristetrekpleister waar mense op pad na Namibië sal wil oorbly."
"Die wind het baie gewaai die dag en ek het nie die omgewing verken nie. Dit is 'n goeie oornag op pad na Kaapstad."
"Ek dink Hondeklipbaai kan 'n goeie toeristebestemming raak as die pad net verbeter word. "
"Baie lekker atmosfeer en baie vriendelike mense. Ek moet Charmaine van die Munisipale Verkeersafdeling uitlig - wat 'n wonderlike mens."
"Springbok en omgewing bly nog al die jare 'n pragtige toeriste bestemming, hierdie deel van Namakwaland is 'n moet sien en O'kiep Hotel se buffet-etes kan nie mis geloop word nie, beste in omgewing. "
"Miskien sal dit in die toekoms nodig wees om reisigers sonder SUV's of 4x4's af te raai om tot daar te gaan - die paaie soontoe is baie sleg vir gewone sedan-motors."
"Springbok is 'n wonderlike plek vir toer van die blomme en om in sand en klip fiets te ry."
"Dat geskiedenis bewaar word re Springbok se oorsprong. Duidelike rigtingborde wat die plekke aanwys."
"Kamieskroon as dorp bied nie veel nie . Dit is egter die omgewing wat 'n besoek die moeite werd maak."
"Ja, daar is baie besienswaardighede, soos die Oranjerivier Kelders met heerlike wyn wat jy eers kan proe voor jy koop, en Kanoneiland met al sy wingerde nie ver daarvandaan nie, en natuurlik die waterwiel wat steeds draai. Pragtige omgewing met talle stalletjies met produkte van die omgewing soos dadels, rosyne, alle droë vrugte, ens."
"Carnarvon is 'n tipiese Karoodorp, maar met The Lord's Kitchen om by te eet en Lord Carnarvon Guesthouse om by te oornag is dit baie spesiaal. As jy hou van "the road less travelled", maak gerus hier 'n draai."
"Het dit baie geniet. Hoewel dit redelik droog is, is daar steeds baie om te sien by die valle self en ook in die omgewing."