Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.
"Conveniently situated near a new mall where there is a large variety of shops."
"Keimoes is sentraal geleë vir mense wat dieselfde doel as ons gehad het. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. (Het die aand voor ons vertrek motorprobleme gehad wat vroeg die oggend van vertrek op 'n baie vriendelike en behulpsame manier uitgesorteer was. Ons reis terug is toe net met 3,5 uur vertraag en teen 'n baie billike prys.)"
"Ideaal geleë na 'n lang dag se ry. Hier en daar laat die kleure van die huise mens dink aan die Bo-Kaap."
"Springbok was regtig die verrassing van die reis. Groen en pragtig. Nie aan te veel mense vertel nie."
"Die dorp op homself is besig om agteruit te gaan. Dit is 'n tipiese plattelandse dorpie met net die nodige fasiliteite vir 'n oornag stop."
"'n Moet om daar te gaan kuier en al die wonderlike klein onbekende juwele te gaan ontdek. Pragtige dorp. "
"Lieflike dorp, veral ons uiteet die aand by Riverview Lodge was fantasties met goeie kos en goeie diens."
"Daar is baie toeriste aantreklikhede en die dorp self het alles wat 'n toeris nodig het. Oral waar ons beweeg het is ons vriendelik gehelp en die mense van Springbok is warm, sout van die aarde mense."
"Kakamas met my eerste besoek was baie goed. Baie besienswaardighede en netjiese, skoon dorp."
"Mens se hoogste verwagtinge word oortref. Inligtingsentrum was baie vriendelik en behulpsaam. Sal die dorp weer besoek."
"Ek kan nie glo dat ons in 14 jaar in die Noord-Kaap 'n juweel soos Kakamas misgery het nie, wat 'n pragtige en interessante dorpie - beslis nog 'n besoek werd!"
"As oud-Kimberliet was ons aangenaam verras oor hoe baie Kimberley uitgebrei het en besonders verras oor hoe gerieflik naby aan alles Monument Hoogte en Royldene nou is!"
"Love the Northern Cape landscape, people and animals. The roads are infinitely better than in Limpopo and Mpumalanga - so a compliment to your administration."
"Maak net voorsiening as jy op 'n Sondag daar oorslaap. Restaurante maak vroeg toe. Pragtige omgewing."