Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7916 resensies.

Augrabies, Noord-Kaap

Brabeesmond

"Die pad wat na Augrabies en Rietkamer toe gaan, is in die aand nogal gevaarlik. Ons het een aand klippe in die pad gekry so mense moet net veilig ry of probeer om eerder net in die dag te ry. In die dag was daar nie probleme nie, maar die aand was nie lekker nie. Dit is ongelukkig net 'n bewys van waar ons as 'n land trek. "

Williston, Noord-Kaap

Williston @ 21

"Skoon en netjiese dorpie met 'n pragtige ou klipkerk en vetplanttuin."

Colesberg, Noord-Kaap

Chargo Merino Inn

"Pragtige Karoodorpie."

Vanderkloof, Noord-Kaap

CasaMere Guest House

"Vanderkloof was vir ons amper heeltemal onbekend, en ek het dit net opgemerk toe ons nie by Gariep kon huisvesting kry nie. Dis net so mooi as Gariep, maar die hooftoegangspaaie moet aandag geniet anders sal dit meeste mense afskrik. Mense het oor die algemeen nie baie lus vir slaggate na 'n lang rit van 6-9 uur nie."

Colesberg, Noord-Kaap

Colesview Guest House

"Goeie oornagdorpie op pad kaap toe. Baie lekker restaurante beskikbaar."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

By die Baai

"Mense is baie, baie vriendelik."

Colesberg, Noord-Kaap

Guinea-fowl Guest House

"'n Mens ry altyd verby en stop gewoonlik net vir brandstof. Die was die eerste keer wat ek in Colesberg self ingedraai het en was eintlik verras om te sien dat dit eintlik 'n juweel is. Sal volgende keer sorg dat ek bietjie meer tyd daar spandeer."

Colesberg, Noord-Kaap

Brand Guesthouse

"Sal dit slegs gebruik as middelpunt na ander omliggende plekke."

Augrabies, Noord-Kaap

Brabeesmond

"Dis 'n moet vir elke mens om ten minste een keer in jou lewe daar besoek af te lê."

Colesberg, Noord-Kaap

The Lighthouse Guesthouse

"Ons het besluit om nie weer in die dorp oor te slaap nie. Die dorp self is besig om te verval en is baie lastig geval deur bedelaars. Ons het baie onveilig gevoel toe ons gaan uiteet het. Ek sal in die vervolg eerder van nabygeleë plase of lodges buite die dorp gebruik maak. Dit is baie hartseer maar 'n realiteit."

Colesberg, Noord-Kaap

Van Zylsvlei B&B Karoo Guest Farm

"Perfect overnight stop between Johannesburg and Cape Town."

Colesberg, Noord-Kaap

Chargo Merino Inn

"Meer vir my 'n dorpie waardeur mens ry."

Colesberg, Noord-Kaap

Herb Garden Guest House

"Eintlik net 'n oornagbestemming met goeie akkommodasie en eetplekke. Res van dorp vervalle."

Calvinia, Noord-Kaap

Tarantula Guesthouse

"Munisipaliteit kan gerus die strate herstel."

Loxton, Noord-Kaap

Karos Gastehuis

"Great little town."

Colesberg, Noord-Kaap

Spes Bona Guesthouse

"Slegs oornagbestemming."

Douglas, Noord-Kaap

Villa de Ghaap Guesthouse

"Mooi dorpie en vriendelike mense."

Kakamas, Noord-Kaap

Orange Breeze Self-Catering Apartment

"Ongelukkig het ons Sondagmiddag daar aangekom, en natuurlik was die winkels reeds toe. Sou graag op 'n weeksdag daar wou deurry om 'n meer ingeligte opinie te kan gee."

Colesberg, Noord-Kaap

The Barracks

"A lot of history in the area. Needs to be explored."

Kleinsee, Noord-Kaap

Kleinzee Guesthouse

"Net die grondpad soontoe is bietjie van 'n uitdaging."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Bordeaux restaurant is a must visit! The most delicious food!"

Keimoes, Noord-Kaap

The Overlook

"Bedelaars by besighede is 'n probleem."

Loxton, Noord-Kaap

Karos Gastehuis

"Sal volgende keer 'n dag of twee oorbly om hierdie pragtige Karoo-doprie te besigtig."

Richmond, Noord-Kaap

Anra Rusgenot

"More travellers should stop over in the Karoo, take a breath and explore the various towns like Richmond."

Hanover, Noord-Kaap

Trappieskop

"Hanover is maar 'n baie vervalle dorp. Die paaie is baie sleg en als lyk oud en stukkend. Die kerk is pragtig en daar is in die somermaande Siberian valke by die 100de in die bome regoor Hanover. Dit is pragtig en besonders om te beleef."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Rooi Spinnekop Accommodation and Restaurant

"Great bestemming, mooi see maar kan meer doen om mense te lok."

Noord-Kaap

Papkuilsfontein Guest Farm

"Noord-Kaap is 'n lekker bestemming met baie aanbiedings."

Port Nolloth, Noord-Kaap

Dis Al! Akkommodasie

"Geniet die area en is 'n twee keer daar in die laaste 5 jaar."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Rest-A-While

"Goed geleë, maar te min restaurante."

Keimoes, Noord-Kaap

Ikaia River Lodge

"Lekker klein dorpie en het net die nodige winkels."

Blad
Blad 27 - Wys 781 tot 810
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang