Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3681 resensies.
Irene R. - 26th August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok is 'n groot, gerieflike dorp met heerlike verblyf en eetplekke.
Dawie M. - 25th August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Goed geleë vir deurgangroete.
Pieter R. - 25th August 2018
staying in Noord-Kaap
Ons het gaan blomme kyk en goeie akkommodasie op Toekomsplaas gekry. Dis nie almal wat die Noord-Kaap soos ek sal geniet nie. Die wydheid van die omgewing en tog ook dele wat intens bewerk/verbou word in die dele is besonders.
Emmerentia S. - 25th August 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Klein, rustige dorpie. Kos vir die siel.
Pieter D. - 24th August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok is bekend vir sy sentrale ligging, veral vir blommekykers. Die straatname is duidelik en dit was geen probleem om ons verblyf te kry nie. Net jammer vir die kragonderbreking. Dit het dinge bietjie deurmekaar gemaak, maar steeds was dit nie 'n probleem vir ons nie.
Pieter D. - 24th August 2018
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Augrabies is baie interessant en is die besoek werd. Ons het al die looppaadjies geneem en kon 'n mooi uitsig oor die waterval kry. Die diens by die ontvangs by die Oord was puik. Ons het geen probleme gehad nie.
Karin M. - 24th August 2018
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Dit was ons eerste keer en daar was nie soveel blomme as suid nie.
Louise C. - 24th August 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Baie goed geleë vir oornag op pad iewers heen.
Louise C. - 24th August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtigste omgewing en al was daar nie hierdie jaar baie blomme nie, is die omgewing reeds die moeite werd.
Patricia T. - 23rd August 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Town with character, spring flowers and history. Very nice.
Nic Z. - 23rd August 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Baie beperkte keuse in eetplekke. Slegs die Blou Nartjie was oop en kon ons eers laat die aand help aangesien hul gastehuisklante voorkeur kry, wat te verstane is. Hantamhuis was glad nie bereid om aandete aan buitestaanders te voorsien nie en Mile 250 was glad nie oop nie.
Tracy S. - 23rd August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok has everything on offer that one needs, on route or to visit for the flowers.
Felix S. - 23rd August 2018
staying in Loxton, Noord-Kaap
Loxton lyk baie interessant en het definitief tyd nodig om besigtig te word! Ek was bekommerd oor die grondpad van Beaufort-Wes na Loxton, maar dit is eintlik heel gangbaar met 'n gewone sedan. Daar is dele wat dit effens klipperig is, maar dis gelukkig kort stukke. En daar is selfs kort gedeeltes wat geteer is.
Petro H. - 22nd August 2018
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg is 'n baie goeie halfpad oornag van Gauteng na Kaapstad.
Estelle H. - 22nd August 2018
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Die waterval, natuurlik, is die grootste trekpleister.
Pieter D. - 22nd August 2018
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Kuruman as dorp kan baie doen om hulle as toeristebestemming te bemark. Die Oog bv. wat 'n groot toeristeaantreklikheid is of was, is baie verwaarloos en het oor die afgelope paar jaar baie agteruitgegaan. Die dorp behoort ook aandag te skenk aan straatnaamborde, wat omrent nêrens te siene was. Hier moes ons ons instink gebruik het om ons pad te vind.
Carel Van Der Merwe V. - 21st August 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Die mense is vriendelik en die blomme was pragtig.
Johan F. - 21st August 2018
staying in Britstown, Noord-Kaap
Sal graag meer tyd daar wil spandeer. My tipe wêreld.
Frederik C F. - 21st August 2018
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Diens by inligtingstoonbank vir betaling van toegang is uiters stadig.
Thia D. - 21st August 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Besoek die museum, dit is die moeite werd!
Lennard H. - 21st August 2018
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Dis nie spesiaal nie, jy kom vir die rustigheid van die Karoo.
Lientjie J. - 21st August 2018
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Bietjie min blomme by Kamieskroon, maar die mooiste natuurskoon.
Gerrit S. - 20th August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Klein, maar lekker daar rondgery.
Paul V. - 20th August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Baie goeie ligging om al die geskiedkundige plekke te besoek in die omgewing.
Sally D. - 20th August 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Definitely worth a visit.
Jackie P. - 20th August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Sal graag wil kom vir langer, veral blommetyd. Die Springbok Lodge is baie interessant met sy foto's en klippiesversameling. Die boekwinkel verskaf goeie verskeidenheid reisboeke. Ek koop altyd 'n boek daar. Die Tauren Steakhouse het 'n lekker vibe en gee die lekkerste steak. Ek beveel die Blue Cheese and Biltong Steak sterk aan!
Maresa V. - 20th August 2018
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Daar is baie historiese plekke om te besoek. Doen moeite en besoek dit. Straatnaamborde kan aandag kry. Die Miners-fountain is baie mooi, maar dit het aandag nodig. Verwyder die rommel. Die museums word baie goed onderhou. Baie dankie vir die bewaring van ons kulture en geskiedenis.
Marie S. - 20th August 2018
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Slegs vir oornag.
Abre B. - 20th August 2018
staying in Richmond, Noord-Kaap
Richmond is 'n baie rustige en stil dorpie.
Henriette B. - 20th August 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Mal oor julle rooi posbus!
Danie H. - 20th August 2018
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Goeie oorslaapplek deur die unieke Karoo.
Barbara D. - 18th August 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Eetplekke is skaars.
Sarel V. - 18th August 2018
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Goed geleë om blomme te kyk.
Jackie L. - 18th August 2018
staying in Loxton, Noord-Kaap
Interessante dorpie. Moet ten minste een maal besoek word.
Roelien S. - 18th August 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Dit is een van die rustigste dorpies waar ons al ooit was. Dit was heerlik om deur die dorpie te stap en al die oudhede te sien.
Jeanette V. - 18th August 2018
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Dit bly die stad met die vriendelikste mense wat altyd bereid is om hulp te verleen.
Jannie P. - 18th August 2018
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Daai eetplek met Karoo-geregte!
Philip B. - 17th August 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Die verblyf is oor die algemeen buitensporig duur vir die tipe verblyf.
Emmerentia S. - 17th August 2018
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Rustige en pragtige dorpie.
Jenni V. - 17th August 2018
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Baie agteruit gegaan. Die dorp is nie skoon nie en is nie veilig om laat in die middag daar rond te stap nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]