Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7916 reviews.
"So rustige dorpie in die middel van die lang pad Kaap toe. Sal altyd daar bly van nou af."
"Dis 'n spesiale dorpie. Ek sal graag weer wil kom oorbly en bietjie meer tyd spandeer om die area te verken."
"Swemstrand beskikbaar - dorp en omgewing is skoon en netjies versorg. Mense van omgewing is baie vriendelik en behulpsaam."
"Sal graag meer wil weet van toersime-besienswaardighede daar. Dit was opmerklik hoe skoon die dorp is."
"Pragtige ou dorpie met besonderse gawe mense. Die pizzas by Luigi's Restaurant is 'n moet om te beleef - heeltemal anders as die gewone franchise pizzas van Gauteng."
"Wenn man auf WLAN verzichten kann, ist es ein netter kleiner sicherer Ort auf oder vom Weg zum Kgalahadi Park."
"Hulle werk tans aan die nuwe waterpype om die watertoevoer na Port Nolloth te verbeter. Die water is tans nie na wense nie, so maak maar seker jy vat as 'n noodsaak vars bottel water saam met jou aankoms. Winkels en restaurante maak maar vroeg toe of glad nie oop op sondae nie, so beplan jou dae mooi."
"Kathu is skoon en natuurlik mooi, beter as die omliggende dorpe. Wees versigtig vir die verkeer, nie besig, maar wel meers as 30% ongekikte bestuurders van ander provinsies ry hier en is 'n groot gevaar op die pad is. Links word skielik regs, spoed is nie 'n probleem, enige kant van die pad is reg vir hom, sperstreep of te nie, hy sal verbygaan. Dit is tyd dat die verkeerspolisie iets hieraan doen."
"Very relaxing location. As stated in the advertising material you really do need to take everything you need. The last 5 km of the road into town needs to be graded."
"Die mense op hierdie dorp ken gasvryheid. Die Black Room en MAPS is 'n moet stop. Richmond spog met talle goeie gastehuise waarvan Kliphuijs en Richmond Cafe &Rooms van die beste gehalte is. Die eienaars van Richmond Cafe&Rooms besit ook die Karoo Padstal wat na ons beskeie mening die beste padstal is in SA."
"Doen die moeite en verken al die plekkies wat nie op die hoofroete is nie. Dis 'n absolute lushof. Met kontraste - een kant grasgroen en ander kant droë landskappe."
"Britstown itself has no tourist attractions but is a great transit hotel for long-distance travelers between the far north and south of SA."