Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1076 reviews.
"Dorp goed toegerus met al die bekende winkels. Baie aktiwiteite vir die hele gesin.."
"Ons was net te kort in Oudtshoorn om al die plekkies te kon besoek. Die Kangogrotte was wel 'n eerste op ons lysie, maar die hoogtepunt was definitief die volstruisplaas. Alhoewel ons nie die toer gedoen het nie, kon die kinders die volstruise voer, wat natuurlik met groot gelag gedoen was. Ons sal definitief met 'n volgende keer die oorbly verleng."
"Lovely little town. Has amazing things to see and do. Lots of places to eat. Really great."
"Ons het op Sondag daar aangekom, dus is dit maar moeilik op 'n Sondag met die uitstappie in Oudtshoorn. Die weer was maar baie warm gewees en kon nie regtig uitgaan nie, en ons baie baie lekker geëet by een van die koffieplek in Oudsthoorn. "
"Oudtshoorn is die skoonste en vriendelikste dorpie wat ons al in was - sal definitief weer 'n draai maak. "
"Such an interesting destination, the whole family’s interests is catered for."
"Visit 5 Shy Meerkats for a wonderful early morning surprise."
"Mooi en skoon dorpie met heerlike eetplekke, ons was by Nostalgie restaurant met bo-baas kos en uitstekende diens. Ek kan dit definitief aanbeveel."
"Altyd iets nuuts om te sien. Volstruisplase, Cango grotte en Cango Wildlife Ranch is egter baie duur."
"Definitief 'n plek wat die moeite werd is om te besoek. 'n Naweek is te kort vir al die besienswaardighede."
"Ons harte is seer oor die verskriklike droogte! Ons kuier altyd lekker daar. Hulle het wonderlike restaurante."
"Daar is darem so baie om te doen! Ons het die Kango Grotte besoek en Cango Ostrich Farm. Die volstruisplaas was absoluut fantasties! Die kinders het dit verskriklik baie geniet!"
"Oudtshoorn is 'n pragtige toeristebestemming met vriendelike innemende inwoners. "
"So much to do and see, just look at the amount of visitors it attracts from all over the world. "