Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1068 resensies.
"Ons het op Sondag daar aangekom, dus is dit maar moeilik op 'n Sondag met die uitstappie in Oudtshoorn. Die weer was maar baie warm gewees en kon nie regtig uitgaan nie, en ons baie baie lekker geëet by een van die koffieplek in Oudsthoorn. "
"Oudtshoorn is die skoonste en vriendelikste dorpie wat ons al in was - sal definitief weer 'n draai maak. "
"Visit 5 Shy Meerkats for a wonderful early morning surprise."
"Mooi en skoon dorpie met heerlike eetplekke, ons was by Nostalgie restaurant met bo-baas kos en uitstekende diens. Ek kan dit definitief aanbeveel."
"Daar is heelwat om te doen. Ons kan beslis die Cango Wildlife Centre en Cango-grotte aanbeveel. "
"Altyd iets nuuts om te sien. Volstruisplase, Cango grotte en Cango Wildlife Ranch is egter baie duur."
"Definitief 'n plek wat die moeite werd is om te besoek. 'n Naweek is te kort vir al die besienswaardighede."
"Ons harte is seer oor die verskriklike droogte! Ons kuier altyd lekker daar. Hulle het wonderlike restaurante."
"Daar is darem so baie om te doen! Ons het die Kango Grotte besoek en Cango Ostrich Farm. Die volstruisplaas was absoluut fantasties! Die kinders het dit verskriklik baie geniet!"
"Oudtshoorn is 'n pragtige toeristebestemming met vriendelike innemende inwoners. "
"Ons was eers op pad Knysna toe, maar die bespreking het toe verval. Ook maar so deur God bestuur. Want ons is ook maar lekker laat uit die Kaap weg. Het vorige keer die Cango Caves gedoen en het die kennisgewing langs die pad van die Cango Wildlife opgemerk en 'n nota gemaak om dit op die volgende besoek te doen. En dit was regtigwaar die moeite werd. Plek en omgewing was baie rustig. En het ook vir Shiela by Chandelier ontmoet. Baie dankbaar vir die wegbreek. Knysna, volgende keer. "
"So much to do and see, just look at the amount of visitors it attracts from all over the world. "
"Oudtshoorn bied baie besienswaardighede en sal aan almal se behoeftes voorsien. "
"We were pleasantly surprised with the number and quality of restaurants! As well as the various activities in and around the town!"