Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1076 resensies.
"Buiten vir al Oudshoorn se besienswaardighede, was Calitzdorp 'n lekker kleindorpie-besoek. Mooi wingerde, wynkelders, restaurante, ens."
"Oudtshoorn en omgewing is een van die dele vand die land wat jy altyd weer wil besoek! Al ry jy net deur die hoofstraat om die Klein Karoo te "voel"."
"Lekker plek, goeie ligging, vele om te doen. 'n Mens moet 'n week soontoe gaan. Sal defnitief weer moet gaan om ander goed te gaan doen. Dis so skoon en netjies."
"Mooiste ou geboue wat redelik goed bewaar word. Museum & Le Roux huis die moeite werd om te besoek."
"Die area is ongelukkig steeds ingestel op die oorsese-toeriste en vir die gewone werkersgesinne onbekostigbaar. Gelukkig geniet ons die natuurskoon en het weer die omgewing verken en die reën van die afgelope dae het die plantegroei en blomme op hul beste laat vertoon."
"Lekker naby aan Oudtshoorn en besienswaardighede, naby genoeg om na Mosselbaai of George te gaan."
"Altyd lekker om daar te kuier. Lekker bly en eetplekke en baie om te sien."
"Ons het Oudshoorn omgewing geniet, dit was 'n lekker verandering, en alternatief van die Knysna en Wilderness omgewing."
"Die hele dorp is effektief op Sondae gesluit en as toeristebestemming sal dit nie goed werk nie."
"Oudtshoorn, die dorp en omgewing, is 'n wonderlike plek. Daar is baie om te doen en wonderlike gesinsaktiwiteite. "
"One of my favourite places with the caves, Swartberg Pass and Meiringspoort a stones throw away. Shops and restaurant close by too."
"Teveel om te sien. Pragtige omgewing. Sal graag die infanterieskool wil besoek. Het baie goeie tye daar beleef."
"Ons het 'n aangename stap op die Gamkaberg kultuuroete gehad. Die plantegroei is interessant, veral die spekbome. Die reservaat is goed versorg. "
"Groot dorp waar alle benodigdhede verkrygbaar is. Verskeidenheid restaurant en dan natuurlik die beste Karoo en natuur waarnemings, soos bekende grotte en diere parke wat die vriendelike toergidse sal interessante maak. Bly ten minste een nag. "