Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1068 resensies.
"Lovely clean town, superb gift shops, must see the Kango caves and the ostrich farms."
"Skoonste dorp, selfs op 26 Desember was daar skoonmakers in die strate. Die dorp lyk vooruitstrewend. Daar is geen bouvallige en leegstaande besighede. Hoewel daar ernstige water tekort is, was al die publieke tuine pragtig versorg. Dienslewering duidelik nie 'n probleem in Oudthoorn."
"Tourists have many activities in Oudthoorn to enjoy and well worth a visit."
"Hoewel daar baie te sien is, is dit nie iets wat mens elke jaar wil doen nie. Alle besienswaardighede kan in een vakansie besoek word, hoewel lekker en mooi, sal ek dit nie elke jaar wil doen nie en hitte is uitmergelend, hoewel see net 'n uur se ry is, maar dan ook baie besig met hul eie vakansiegangers. Oor die algemeen vir 'n eerste besoek, wel die moeite werd."
"As jy soek, beplan en moeite doen, is daar elke dag, vir 10 dae, iets anders om te doen. Ons het."
"Eerste keer wat ek Oudtshoorn besoek en was baie lekker. Sal dit beslis aanbeveel."
"Ek was baie lanklaas op Oudtshoorn en het eintlik vergeet wat 'n fantastiese bestemming dit is. Daar is so baie om te doen! Ons kon beslis langer gebly het en dink reeds aan wanneer ons weer die kinders soontoe kan neem."
"Great laid back town. Very friendly locals and great attractions in the town."
"Ek sal enige een aanraai om Oudtshoorn te besoek. Daar is so baie om te sien en doen. Dis 'n pragtige plek! "
"Soveel om te doen en sien. Hoogtepunte was die grotte, Rust en Vrede waterval en Cango volstruisplaas. "
"Not that much too see but the R62 is a great road with magnificent views! "
"Eerste keer wat ek werklik daar rondbeweeg het. Baie lekker plek met vermaak in die omtrek."
"Die dorp bied alles wat 'n vakansieganger nodig het. Genoeg om te doen in en om die dorp."