Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6061 resensies.
"Ek het die seewater baie geniet, veral die swem en hengel. Vriendelike en respekvolle mense van Struisbaai. Ons het ook die Sea Shack, die hawe en uitstappies baie geniet. Om 'n lang storie kort te maak, ek en my vrou het besluit om na Stuisbaai te verhuis. Ons soek tans 'n huis om te koop in Struisbaai."
"Lang ente se stap en mooi plekke om net te sit en oor die see uit te kyk. 'n Pragtige wegbreekplek."
"Voelklip is the best beach area with grass on hill and very neat public toilets."
"Hermanus is my nommer 1 bestemming vir 'n see-vakansie regdeur die jaar en is gerieflik naby aan Kaapstad, slegs ongeveer 90 minute se ry!"
"Baie lekker visvangdorpie. Rustige atmosfeer, glad nie besig nie. Die dorpie se winkels is bietjie duur, so bring maar saam wat kan. Baie mooi swemstrand en uitstekend vir lang wandels."
"Heerlik rustig, in die sin dat dit nie oor-gekommersialiseer is nie."
"Die Saterdag mark is 'n hoogtepunt en die wandelpaaie en swempoele is 'n belewenis."
"Lekker geleë naby Waenhuiskrans, goeie winkels, naby L’Agulhas/Elim wynroete en Napier met sy heerlike restaurante! "
"Die bes bewaarde geheim van vakansieplekke in SA, sal oor en oor teruggaan hierheen."
"Almal groet en is baie vriendelik. Kinders baljaar al te heerlik in die strate. Ek sal nogal dink dat hulle nader aan die "M, N of O" strate (in Pearly Beach Oord) ook 'n paadjie na die see toe moet maak, want dit is nogal ver vir die ou mensies om see toe te stap."
"As jy elke dag wil rond ry en die area wil besigtig, is daar baie om te gaan sien. Jy is ook nie te ver van die see af nie, so jy kan elke dag in 'n ander rigting in ry en die wêreld besigtig, dit is baie mooi deel van ons land."