Verified Reviews

Overberg

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg

Rated 4.6 out of 5 based on 6061 reviews.

De Hoop Nature Reserve, Overberg

Aloe Cottage

"Dit kort meer verskeidenheid van wild en nie net bokke, volstruise en paar zebras nie. Natuur was andersins baie mooi, veral langs die kus. "

Overberg

Kwetu Guest Farm

"Eerlik, die Overberg word onderbemark. Hier is juweelplekke met ongekende gasvryheid. Ons was al tuis by Fleckvieh Guest Farm, Die Ponthuis en Kwetu Guest Farm en kan net met lof praat oor die gasvryheid, diens, netheid van geriewe en veiligheid. Skakel meer direk met die toerismekantore op die verskillende dorpe en integreer besprekingsgeleenthede met "events" wat in en om die spesifieke dorp plaasvind."

Malgas, Overberg

Tides River Lodge

"Baie rustig en tog baie om te doen, lieflike bymekaarkomplekke soos The Bush Pub en The Boat House. Sal dit definitief aanbeveel by vriende en familie."

De Kelders, Overberg

Amazing Grace B&B

"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."

Greyton, Overberg

Greyton Lodge

"Vir ons stadsjapies is Greyton 'n klein bietjie stil. As jy egter voor die tyd jou huiswerk doen sal jy egter weet daar is heerlike staproetes en uitstappies. Die stilte, dorpskultuur en wonderlike eetplekke is egter hoogs aan te beveel."

De Kelders, Overberg

Royal Albatros

"Lekker sentraal en vinnige toegang tot al die nodige winkels."

Sandbaai , Overberg

Mafari Beach House

"Baie lekker plek, weg van die chaos, maar naby om deel daarvan te word sou jy wou."

Franskraal, Overberg

Leegle

"Asemrowende rotspoele by die strand, dit is ongelooflik hoe die natuur nog bewaar is in die area. "

Stanford, Overberg

Laughing Waters Farm

"Pragtige argitektuur in die dorp en Burkenhead Winery and Brewery is net buite die dorp - definitief 'n moet as jy die dorp besoek."

Betty's Bay, Overberg

Cyara

"Bettiesbaai bied asemrowende uitsigte oor die see en berge. Dit is die ideale bestemming vir mense wat hou van stiller plekke en die natuurskoon."

Napier, Overberg

Napier All Sorts

"Best little town in Western Cape."

Kleinbaai, Overberg

Great White Accommodation

"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"

Sandbaai , Overberg

Sandbaai Strandhuis

"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"

Franskraal, Overberg

Kormorant Apartment

"Franskraal is 'n oulike, rustige plek met baie om te sien en doen!"

Hermanus, Overberg

Hornbill House

"Die Calamari by The Milkwood is 'n moet! "

Kleinmond, Overberg

'Die Rotse' Host House

"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."

Gansbaai, Overberg

Ons C-huis

"Gansbaai is geleë naby oulike besienswaardighede. Ons het gereeld uitgery na Stanford, Hermanus, Franskraal, Uilenmondkraal, Baardskeerdersbos en Pearly Beach. Die lokale seekos was uit die boonste rakke. Veral die Boathouse waar mens teen billike pryse vars voorbereide seekos kan geniet in die hawe. Gansbaai is 'n oulike dorpie met vriendelike mense. Die visvanggeleenthede in die hawe kraai ook koning."

Arniston, Overberg

Arniston Spa Hotel

"Baie stil en rustig. Naby genoeg aan Bredasdorp indien jy iets nodig sou kry. Min dorpies wat nog so ongerep is. Love dit!"

Pearly Beach, Overberg

Milkwood Cottage

"Fantastic destination to relax and unwind."

Silversands, Overberg

Anne's Place

"As jy 'n stil vakansie wil deurbring is dit die plek om te gaan."

Hermanus, Overberg

Windsor Hotel Hermanus

"Strande pragtiger en meer toegangbaar as wat ons verwag het. Goeie verskeidenheid eetplekke."

Bredasdorp, Overberg

Jack's Place

"Mooi omgewing en 'n klipgooi van die see af."

Struisbaai, Overberg

The Goose Nest

"Very picaresque and everyone so friendly."

Witsand, Overberg

Barnacles

"Hierdie is 'n visvang-paradys. My ervaring in die verlede was dat die weer pragtig is oor September. Die wind hierdie tyd van die jaar in April was bietjie erg."

Page
Page 184 - Showing 5491 to 5520
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers