Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6306 reviews.
"Greyton is altyd die moeite werd om te besoek, veral as 'n mens dit kan verbind met iets besonders soos die klassieke musiekfees verlede naweek."
"EK WOU GRAAG UITGAAN VIR SEE VISVANG. BLYKBAAR VERKEERDE TYD. TRIP MET MARK OP RIVIER BAIE LEKKER EN RESTAURANT BY BREEDE LODGE WAS BAIE LEKKER."
"As die wind waai dan waai hy, jy waai weg. Neem genoeg vermaak as jy nie kan uit. Beveel Wanda's retaurant aan. Gehalte vars kos en lekker atmosfeer. Neem net n bottel wyn saam."
"Pragtige rustige kusdorpie met alles wat mens nodig sou hê vir 'n wegbreekkansie."
"Pragtige dorpie. Diens by die eetplekke is nie altyd van die vinnigste nie so vat dit rustig en kuier lekker."
"Kleinmond is a gem of a place. Small, safe town with everything one needs right there. Well worth a visit."
"Ons sal beslis weer by Agulhas/Struisbaai tuis gaan. Die Shipwreck Museum op Bredasdorp is 'n moet om die area beter te waardeer."
"Mooi dorp. Interessante NG Kerk in die dorp - veral die kerk se kloktoring. Lekker sop geëet oorkant die kerk by The Old Gaol."
"Wonderlike, baie geskiedkundige plek, die moeite werd om te verken deur die dag en historiese verblyf te soek vir die aand."
"Swellendam is 'n juweel vir toeriste wat 'n stil, netjiese, maar tog interessante dorpie in die Overberg soek. Daar is uiteenlopende interessanthede en aktiwiteite in en buite die dorp. "
"Mense in Bredasdorp baie beleefd en vriendelik. Dorpie skoon en netjies."