Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6323 reviews.
"Die dorp is geleë in 'n natuurreservaat geen straatligte. Pikkewyne by die dosyne, dassies en bokkies het ons kom groet. Ongerepte natuurskoon."
"Aangesien dit een van die oudste dorpe in SA is, is die boustyle pragtig. Baie mooi boomryk."
"So baie om te doen van wynproe en fietsry tot net rustig sit en die natuur waardeer!"
"Baie oulike dorp en winkels, onder andere die gewilde "Blou Bakkie". Hou van hulle gepaste leuse: Ons (die boergemeenskap) bring die plaas na die see."
"Pragtige, plattelandse dorp waar die ikoniese Voet van Afrika Wedloop al sedert 1978 met groot sukses aangebied word!"
"Ek dink die kusdorpie hou bekoring enige maand van die jaar. Baie om te kom sien en ervaar. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik. Iets vir elke smaak en voorkeur."
"Ons kon interessante plekke soos die pikkewynhospitaal en Walkerbaai se grot besoek. Gansbaai is ook naby genoeg vir 'n dagbesoek aan Hermanus."
"So mooi en lekker stil, jammer ons het nie deur die dag meer tyd gehad om rond te loop nie. "
"Gerieflike wandelpaadjies langs die see wat deur veiligheidswagte gepatrolleer word. Ons was baie gelukkig om heelwat walvisse met kleintjies sommer naby aan die kant - van die rotse af - te kon sien. Het die omgewing en aktiwiteite daar baie geniet."
"The town has several big supermarkets and restaurant chains. Everything we needed."
"Beautiful place, but not many amenities for non-boating visitors. Perhaps the area is best visited in summer."
"Die mooiste plek met sy pragtige blou strande. Sovêr as wat die oog kan sien en pragtige plantegroei."
"Wonderful location with many attractions - vineyards, restaurants, outdoors and beaches."
"Overberg is 'n pragtige area met groen landerye en die geel blomme van die Canola was prentjiemooi."