Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6131 reviews.
"Heerlike vakansieplek. Lekkerste vakansie-atmosfeer. Besoek die area gerus."
"Mooie dorpie, goed geleë i.t.v omliggende dorpe en ook die see. Oulike restaurante en vriendelike, behulpsame mense in die winkels. Baie te doen en te sien en 'n goeie familievakansiebestemming."
"Ons kom hou al 9 jaar vakansie in Pearly Beach en besoek ook 2 of 3 keer gedurende die jaar. Ons is mal oor die plek. Whale Coast Brewery, die restaurant het die lekkerste atmosfeer, kos en eie bier, 'n moet om te gaan besoek. Skoon en netjiese strande, mooiste natuurskoon, strandwinkel met al die nodigste behoeftes. Naby Gansbaai as jy na 'n groot winkel toe wil gaan."
"Blouvlagstrand, baie stapgeleenthede beide kante van die strand. Fantastiese sonsondergange oor die see. Stil, selfs oor Desember, geen "buzz". Jy kan basiese kosbenodighede in Pearly Beach kry asook pizzas en vir ander goed moet jy Gansbaai toe ry."
"Swellendam is regtig een van die mooiste plekke wat ons nog ooit besoek het. Netjies, skoon en so ryk aan geskiedenis. "
"Ons is mal oor Struisbaai! Kliëntediens en kos by restaurante is net nie goed nie so ek sal voorstel om eerder self te kook of braai. Kos is buitensporig duur vir die gehalte wat jy ontvang."
"Hermanus is 'n baie mooi plek en ons kon baie plekkies besoek."
"Rustige dorpie, skoon strande, beslis plek om jou vakansie rustig te kan geniet."
"Not too much to do except go to the beach or fish if these are your hobbies. Only a few good restaurants. Good spa. Very reasonably priced supermarkets. "
"Ek is mal oor Struisbaai en sal vir seker weer daar gaan kuier. Die rustigheid en veiligheid is absoluut 'n juweel."