Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 1616 reviews.
"Pragtige dorpie waar mens onmiddellik tuis voel en maklik sal kan kom nesskop."
"Sabie is 'n pragtige dorpie en is sentraal geleë tussen verskeie besienswaardighede. Dis 'n ideale dorp om oor te slaap vir toeriste."
"Daar is tonne om te doen en om elke draai is 'n pragtige uitsig. Mens sal maande hier kan besig bly om al die besienswaardighede te sien en al die aktiwiteite te doen. Meeste van die aktiwiteite is ook vriendelik op 'n mens se sak, wat genoeg speling los om te 'splurge' op die duurder aktiwiteite, soos die 'Big Swing'."
"Kaapsehoop is 'n dierbare klein vakansiedorpie met pragtige natuurskoon en ons sal graag weer daar gaan kuier."
"Schoemanskloof is 'n mooi alternatiewe roete vir nie N4. Baie slaapplek en mooi sitrusboerderye. Vulstasie en restaurant, asook 'n vrugtesapfabriek wat vars vrugtesap verkoop."
"Asemrowende natuurtonele. Dit is 'n groot jammerte dat die paaie nie goed onderhou word nie. Die bestuurder kan nie regtig bekostig om rond te kyk nie. Die motoriste in die omgewing bestuur uiters ongeskik en gaan roekeloos teen sperstrepe verby en wag ook nie hulle beurt af nie. Dit is duidelik dat padreëls glad nie afgedwing word nie. Dit is beslis 'n hoë-risiko area om in te bestuur."
"Die paaie in die omliggende dorpe en selfs in Sabie maak dat ek nie sommer weer die area sal besoek nie. Dit het geweldig agteruit gegaan. Die inwoners sal op een of ander manier moet saamkom en beheer neem van die munisipaliteite om dit weer die toeristearea te maak wat dit was."
"Die herstel van slaggate in die strate is noodsaaklik. Verder behoort deeglik aandag gegee te word aan aanwysings in die dorp. 'n Lys van besienswaardighede behoort by die inligtingspunt beskikbaar te wees. Dit moet minstens in Afrikaans en Engels uitgegee te word."