Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 938 reviews.
"Die verskeidenheid winkels, die billike pryse, die ongelooflike vriendelikheid van almal met wie ons in aanraking gekom het was so 'n wonderlike ervaring."
"Parys is die awesomeste plek met die vriendelikste mense wat ek in 'n lang tyd teëgekom het. Kan nie wag om weer Parys te besoek nie."
"Lekker eetplekkies, brouery met lieflike bier wat proe soos koeldrank maar skop soos 'n muil! Baie mooi omgewing. Ry rond en kruip in al die plekkies in. Hulle winkels het uitsonderlike antieke meubels asook moderne dekor! Kyk met die oë of gaan om lekker te koop!"
"Ek was nog nooit in Parys nie, baie gehoor en ons het die Vrydag daar rondgery en dit was net amazing, dis so mooi klein plekkie wat so baie het om te sien. Ons sal graag weer daar rond kuier."
"Ek dink Parys moet die Vaalrivier se moontlikhede as 'n toeristebestemming meer ontgin en ontwikkel. Ons sou graag 'n restaurant/kuierplek op die oewer wou besoek wat miskien ook veerbootvaarte, ens sou aanbied. Ons kon nie 'n skoon, gesellige kuierarea aan die oewer opspoor nie."
"Parys is 'n heerlike dorpie om tyd in te spandeer, al die mense is baie vriendelik."
"Interessante winkeltjies, oulike eetplekkies en net buite die dorp kan jy rustigheid ervaar of meer aktiewe dinge doen."
"Most places are closed on a Monday in Parys. We wasted a day because we could not visit the winery or the golf course as well as a lot of the shops/restaurants and we where only there for 2 whole days."
"Die dorpie brei uit met interessante winkels. Negatief: rivier ruik na riool en parkering is 'n probleem oor naweke met voetgangers wat tussen voertuie deurvleg."
"Daar is baie aktiwiteite in en rondom Parys. Ons het 'n begeleide toer deur die Vredefortkoepel onderneem wat baie interessant is. Dit is beslis een van die aktiwiteite wat ons sal aanbeveel vir iemand wat Parys besoek."
"Dit is 'n pragtige dorpie en as die water en elektrisiteit hou, 'n wegbreek werd. "