Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 938 reviews.
"Slegs hoofstraat is rybaar, agterstrate in woonbuurt is onbegaanbaar met 'n motor."
"Rus en vrede vir die siel. En 'n wonderlike plek om kwaliteittyd saam met iemand te spandeer!"
"Ons het nie regtig tyd gehad om die dorp te verken nie, so ek kan nie regtig kommentaar lewer nie. Wat ek wel kan sê is die paaie het drasties aandag nodig. Die "potholes" is verskriklik."
"Parys is 'n pragtige vakansie dorpie met die heerlikste eetplekke en winkels. Net baie jammer op Sondae aande is daar baie min eetplekke oop."
"Parys is 'n heerlike plek om te besoek. Die enigste probleem is dat ons nêrens inligting raak gelees het dat die meeste winkels op die dorpie op Maandae toe is nie. Ek het spesiaal my suster soontoe geneem (sy was nog nooit daar nie) om die winkeltjies te ervaar en was regtig teleurgesteld met dit."
"Loved it like the places to eat and all the nice little shops art and anything else."
"Verblyf was te kort om kommentaar te lewer, waar ons was by Barefoot Cinderella was die diens en kos goed die eienaars is baie gasvry en hulpvaardig."
"Parys has a lot of interesting shops in Bree Street. Everyone is bound to find something interesting there."
"Parys soos Clarens is nog een van daai Vrystaatdorpies wat dit reg gekry het om te verkoop as 'n heerlike toeristebestemming. Ons was tydens die kunstefees in Parys en die dorpie het gegons. Net 100km van Johannesburg laat gee 'n mens werklik kans om sommer vinnig die dol stadslewe te ruil vir 'n baie rustiger omgewing. Net jammer dat daar so min bestemmings soos die op die kaart verskyn."
"Nie vir bejaardes en gestremdes. Geen behoorlike beweegplek op sypaadjies vir strollers en rystoele."
"Baie oulike plaasdorpie met vriendelike mense en interessante winkels en kuierplekkies."
"Parys is onbeskryflik. Beslis prentjie mooi, kunstenaars dorpie, vintage, nostalgies mooi. Jou gedagtes verdwaal beslis daar met al die mooi. Die gasvryheid staan beslis uit in die dorp en nie eers te praat van die kos nie! Parys is uniek."