Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1702 resensies.
"Dis 'n pragtige plek. Net jammer oor die misdaad. Ons is duidelik laat verstaan dat ons alles moet toehou en moet waaksaam wees. Daar is ook die heeltyd 'n deurloop van mense. Dis jammer as 'n mens vir `n naweek wil wegbreek uit die stad uit en dan moet `n mens amper nog meer waaksaam wees op jou naweek af. "
"Baie lekker vakansieplek. Baie rustig. Geen insidente gehad nie. Sal enige tyd weer in paternoster vakansie hou en vir kolegas aanbeveel. Weereens baie dankie. Upington groete."
"Mooiste uitgestrekte strand. Net jammer van die misdaad waarteen ons deurgaans gewaarsku is."
"A beautiful, quaint little fisherman's village. Will most definitely go back with our family. "
"Baie mooi en netjiese dorpie. Dit is ideaal vir 'n stil en rustige vakansie - daar gaan nou regtig niks aan nie. Mens ontspan net heerlik op die strand, geniet die rus en vrede en eet in die restaurante. (Daar is 'n paar toeristewinkeltjies, maar hulle is seker gemik op die buitelandse toeriste, want hulle is peperduur.) Die strand is massief en die water is stil, met min branders, so dit is ideaal vir mense met klein kinders. (Die water is egter baie koud.) Hierdie is beslis my gunstelingplek op die Weskus!"
"Paternoster is a quaint fishing village suitable for people who thrive on peace and quiet and the love of crayfish. Nestled by the sea with breathtaking views and long walks on the beach. A quiet area to gather ones thoughts and be revitalised."
"Paternoster is my absolute gunsteling naweek blyplek. Soveel dinge om te sien en doen. 'n Naweek is meestal te kort vir my omdat ek nooit genoeg kan kry van die stilte en vrede en asemrowende see-uitsigte nie. "
"Rustige dorpie, wil ook nie sê jy moenie kanse waag nie, maar dit wel geniet. Respekvolle mense en baie stresvry."
"Kan nogal steurend wees as daar elke uur of so 'n man verbykom wat onwettige kreef en/of mossels probeer smous."
"Ons het die naweek in Paternoster terdeë geniet. Daar is heerlike eetplekke en baie vriendelike mense. "
"Pragtige Weskusdorpie en nader aan die natuur en seelewe kan jy nie kry nie! Kan nie wag vir ons volgende besoek nie!"
"Pragtigste dorpie wat ek al ooit gesien het. Restaurante in die dorpie is ongelooflik, soveel nuwe kos ervaringe gehad in die tyd wat ons daar was."
"Pragtige vissersdorp met verskeidenheid van eetplekke en ander dienste. 'n Lekker plek om weg te breek van die stad se gejaagdheid. "
"It’s truly home away from home and the place is so tranquil and stunning. My wife and I have decided to retire in Paternoster. "
"Not really. It's just a beautiful and peaceful place to visit after working /teaching. A good place to meet with God in the quietness of the the waves. "