Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1451 reviews.
"Die plek self is baie mooi en rustig. Ons het geen probleme ondervind, mense was vriendelik en behulpsaam. Ek was wel 'n bietjie ongemaklik omdat smouse kort-kort my rustigheid onderbreek het, maar andersins was die plek self baie ontspannend. Daar was ook 'n huisinbraak by ons bure wat my omtrent afgeskrik het."
"Ek sou verkies as die res van die wêreld nie weet van Paternoster nie, want dis so pragtig en wil dit graag vir myself hou! En om alles te kroon, het ons die lekkerste Sushi ooit daar geëet! Die enigste negatiewe kommentaar is: Die 'ingang' van die dorp vanaf Vredenburg (algemene 750 m area rondom die 1ste 4-rigting stop) het dringend aandag nodig: die res van die dorp is so mooi, maar die eerste indrukke is vuil, morsig en onversorgd."
"Pragtige dorp met vriendelike mense en eetplekke van 'n groot verskeidenheid. Alles is skoon en netjies. Pragtige strandareas en 'n Weskusparadys!"
"Die dorpie groei op my - dis lekker stil en tog is daar als wat mens nodig het. Ek love die wit huisies wat almal lyk my goed ingerig is vir gaste. Dis maklik om blyplek te bespreek en in-check en uit-check is 'streamlined'. Daar is ook heerlike restaurante as mens sou wou uiteet. "
"Paternoster is the best! Love the vibe and feel. Perfect for families or as a romantic getaway!"
"Ons besoek Paternoster gereeld. Ek glo dit is antwoord genoeg om te sê dat ons Paternoster as 'n fantastiese vakansiebestemming beskou."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en heerlike kos. Klomp kunsgalerye en lekker rond krap winkels. Voel soos 'n klein Griekeland met al die wit huisies! Ons sal verseker weer soontoe gaan!"
"Net jammer van die eetplekke en winkels maak eers van Woensdae oop en eers 9 uur, dis al klagte."
"Paternoster is 'n pragtige rustige dorpie met vriendelike mense en lekker vis ek sal beslis mense aanraai om hierdie dorpie te besoek vir 'n wegbreek uit die stad."
"Baie lekker en mooi plek om vakansie te hou, wat wel pla is die baie rondlopers tussen die huise wat mossels en krewe smous, ook by die uitkyk plekke, glo ook baie ondermaat krewe word geoes."
"Dis 'n lekker Weskus dorpie. Baie mooi uitsigte vir foto's neem. Mooi kayak geleenthede vir vroegoggend."