Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1451 reviews.
"Die dorpie kort meer eetplekkies. My mening is dat die dorp stadig maar seker begin agteruitgaan. Verder is dit 'n oulike plekkie. Daar is nie baie besienswaardighede nie. "
"Rustigheid van self en die ideale plek om te ontspan en jou batterye te herlaai en bietjie te lees."
"Voorstrand Restaurant was 'n groot wenner. Lekker atmosfeer, 'n strand en see uitsig en fantastiese lekker kos!"
"The pizza at Blikkie Pizzeria is amazing, especially the Paternoster pizza! I look forward to returning to try out Gaatjie on the Beach. I also had a lovely horse trail on the beach and an early morning kayak. Plenty to see and do!"
"Paternoster is 'n pragtige plek maar het vanaf April tot nou heelwat verander. Winkeltjies is nie meer so interessant soos voorheen nie, niks wat uitstaan nie. Ek was half teleurgesteld, gevoel soos die einde van die seisoen."
"Ongelooflik lekker gekuier en was absoluut die ideale venue vir my 50ste!"
"'n Bekoorlike vissersdorpie met 'n unieke karakter en wonderlike eetplekke. Hier kan jy rus en ontspan."
"Die plaaslike gemeenskap is gedurig aan die bedel of soek borgskappe of wil iets verkoop al het jy nee gesê. Dit sal moet stop, want saam met die oralteenwoordige waarskuwings oor geringe misdade, raak dit in 'n klein tydjie te veel. Verder is dit een van die mooier plekke waar ek in 'n lang tyd gekuier het. "
"It is a very peaceful and tranquil area, but the crime is a problem. You are constantly on your guard and having to lock everything away all the time. If you are looking for things to do, you have to travel. Restaurants are very expensive and short in supply if you just want a quick snack. I did enjoy the peace and lack of barking dogs and racing cars. I did have a very nice break."
"Ek sou graag wou sien dat die ou oorspronklike vissershuisies in die middel van die dorp opgeknap word. Ek kan ook nie glo dat onwettige kreefsmouse helder oor dag krewe buite seisoentyd in die strate verkoop nie."
"Die restaurante in die dorp is ongelooflik. Sommige besighede is egter besig om besoekers uit te buit met buitensporige pryse en sodoende skiet hulle hulself in die voet. Ons het bv. by Oep ve Koep 'n emalje maatbekertjie gesien teen R450! Dit het ons dadelik laat omdraai, want ons het genoeg kennis van luukse artikels om te besef dat dit skaamteloos te veel is. Ek het verlede week vir 'n Wedgewood vasie van dieselfde grootte R250 betaal."
"Paternoster is een van die mooiste dorpies met 'n pragtige strand en oulike eetplekkies - die perfekte plek om vakansie te hou! "
"Moenie moeite doen om die Pantie bar op Paternoster te besoek nie. Baie onvriendelike kroegman. Die res van die plekkies is baie mooi."