Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1702 resensies.
"Lieflike plek waar jy net kan afskakel en ontspan. Beeldskone strande en 'n besoek aan Tietiesbaai is die moeite werd."
"Paternoster is lieflik met 'n pragtige strandgebied. Vriendelike mense en ek dink ek sal graag weer wil besoek."
"Paternoster is 'n baie mooi klein dorpie, maar nie veel om te sien en te doen nie. As jy nie lief is vir hengel nie, sal jy 'n boek en die stilte waardeer."
"Parenoster is asemrowend mooi. So jammer dat foutiewe uitverhuring van huise en petty crime sal veroorsaak dat mens nooit weer daar sal oornag nie!"
"Ons hoop van harte dat die water krisis binnekort verlig sal word, want dit sal jammer wees dat die Paternoster nie langer akkommodasie aan toeriste kan bied weens die waterkrisis in die hele Wes-Kaap omgewing."
"Nie baie om te doen nie, maar somtyds is niksdoen ook 'n bonus. Lekker gerus."
"Wat regtig pla, veral oor naweke, is kinders wat bedel in besigheids-hub en gedrinkte volwassenes in besigheids-hub. Groot probleem in die algemeen en wat ontstellend is, is die groot getal verwaarloosde honde in die area."
"Baie min winkels op Paternoster self. Koop jou kos op pad by Vredenburg tensy jy heen en weer wil ry. Moenie kreef op die straat koop nie, die goed is dood!"
"Kreef smokelary is baie erg! Sal daarvan hou om te sien visserye, hou bietjie strenger wetstoepasing!"
"Ons was bewus van die misdaad probleem, maar het self geen misdaad beleef of onveilig gevoel nie. Die Paternoster gemeenskap, met hulle Buurtwag, maak dan 'n duidelike verskil. Al wat Paternoster nog kort, is 'n Kwikspar of 'n Wollies Food."
"Skilderagtig mooi en veilig - strate word deur plaaslike mense deurlopend gepatrolleer."