Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1444 resensies.
"Die dorpie is lekker klein wat dit maklik maak om die dorp per voet te leer ken. Seekos is lekker en die diens in elke winkel en restaurant waar ons ingestap het was goed. "
"Baie rustig en stil, ideaal om net te ontspan en niks doen. Restaurante en winkels geweldig duur."
"As jy wil afskakel en ontsnap van al die gewoel, is dit die plek om na toe te vlug."
"Paternoster is rustig. Die kreefsmouse kan effe lastig raak. Anders baie stil en ontspannend. Lieflike plekkie."
"Paternoster is 'n tipiese vissersdorp en heerlike vakansiebestemming. Behuising is net baie duur in vergelyking met ander plekke."
"Paternoster is 'n lieflike dorpie maar die restaurante se kombuise sluit hopeloos te vroeg."
"Paternoster is die perfekte bestemming vir 'n vakansie waar mens wil afskakel en net relax."
"Weskus stel nooit teleur nie. As jy van natuur en buitelug hou, is dit die plek vir jou."
"Jy moet beslis elke plekkie gaan besoek - soveel om te sien en te ervaar! Mens kry sielerus daar!"
"Paternoster steel jou hart en siel in een dag. Die eevoud en vriendelike mense laat jou onmiddellik tuis voel en sonder sorge. Hier gaan dit oor goeie kos, menslikheid en die son op jou gesig en seesand tussen jou tone."
"Wonderlike (en groeiende) Weskus-dorpie. Regte plek om 'n paar dae lekker te ontspan."
"Lekker dorpie waar jy nog kan parkeer by jou gastehuis en rondloop waar jy wil wees. Pragtig."