Geverifieerde Resensie
Port Alfred
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Alfred bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 362 resensies.
"Don't know if we could get used to the water problems. Municipality should up their step."
"Dit is 'n baie mooi dorpie met baie lekker toeristeplekkies. Mense moet dit meer kom besoek, dit het ietsie vir almal. Dit het bietjie swaar gekry in Covid, maar die mense gaan aan en almal is vreeslik vriendelik."
"Ek is mal oor Port Alfred. Alles naby aan alles. Vriendelike mense en pragtige strande. Daardie deel van die wêreld is nogal winderig en ons het reën saam ons gevat - blykbaar is Januarie tot Maart beste tyd om te gaan. Ek sal beslis meer van die Oos-Kaap wil sien. Dit was my eerste besoek."
"Port Alfred is a refreshing and really good getaway from the city life. People are friendly and respect privacy. Also safe and very beautiful beaches."
"Die weer het ons bietjie gefnuik beide kere wat ons in Port Alfred was. Ons kon nie al die buitelugaktiwiteite doen wat ons beplan het nie, maar ons sal teruggaan om dit te doen! Dit is 'n pragtige dorpie met baie doendinge om jou en jou gesin besig te hou."
"A great destination for deep sea fishing and fishing along the beach. According to the locals, personal safety is a concern and we were advised to be vigilant and aware of your environment."
"A very underrated little gem on our coastline with something for everyone to do in and around port Alfred. From history in old Bathhurst, the big pineapple to game farms, market stalls, deepsea fishing, rock and surf fishing, river cruises or houseboat hire, malls and cinemas you have it all in and around town. Two airports within 150 km from Port Alfred and so much more to see and do."
"Bietjie hartseer om te sien dat Port Alfred stadig maar seker agteruit gaan. Paaie word nie herstel nie en buite seisoen is diens by meeste restaurante nie na wense nie. Verder bly dit egter steeds 'n pragtige kusdorpie met pragtige strande."
"Matige klimaat, pragtige en geskiedkundige omgewing, aantal goeie restaurant. Lekker vakansieplek."
"'n Baie groter dorp as wat ek te wagte was. Daar is 'n baie goeie voëlgids vir die besondere voëllewe."