Verified Reviews
Port Alfred
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Port Alfred
Rated 4.4 out of 5 based on 230 reviews.
"Port Alfred is a nice town with many friendly people, nice shops and lots to do in the area small towns with lots of history."
"Dit is 'n baie mooi dorpie met baie lekker toeristeplekkies. Mense moet dit meer kom besoek, dit het ietsie vir almal. Dit het bietjie swaar gekry in Covid, maar die mense gaan aan en almal is vreeslik vriendelik."
"Ek is mal oor Port Alfred. Alles naby aan alles. Vriendelike mense en pragtige strande. Daardie deel van die wêreld is nogal winderig en ons het reën saam ons gevat - blykbaar is Januarie tot Maart beste tyd om te gaan. Ek sal beslis meer van die Oos-Kaap wil sien. Dit was my eerste besoek."
"Port Alfred is a refreshing and really good getaway from the city life. People are friendly and respect privacy. Also safe and very beautiful beaches."
"Die weer het ons bietjie gefnuik beide kere wat ons in Port Alfred was. Ons kon nie al die buitelugaktiwiteite doen wat ons beplan het nie, maar ons sal teruggaan om dit te doen! Dit is 'n pragtige dorpie met baie doendinge om jou en jou gesin besig te hou."
"A great destination for deep sea fishing and fishing along the beach. According to the locals, personal safety is a concern and we were advised to be vigilant and aware of your environment."
"Matige klimaat, pragtige en geskiedkundige omgewing, aantal goeie restaurant. Lekker vakansieplek."
"'n Baie groter dorp as wat ek te wagte was. Daar is 'n baie goeie voëlgids vir die besondere voëllewe."
"Besoek beslis Bathurst, seker so 15 km vanaf Port Alfred, dan is daar ook die grootste pynappel in die wêreld wat 'n besoek werd is. Moenie te veel in Port Alfred verwag anders as om net lekker rustig te verkeer nie. Die marina is ook mooi ek dink 'n uur toer op die Kowierivier is ook die moeite werd."
"Nabygeleë dorpie Bathurst moet beslis besoek word - die Groot pynappel, Pig & Whistle restaurant en Toposcope."
"Sunshine coast is the best with cool sea breeze. I recommend for anyone who needs tranquillity and rest to come to this unspoilt beach."
"Lekker dorp, met swemstrande en lekker restaurante. Ek kon elke dag gaan draf en veilig voel. Dis ook nie te ver nie dan kan mens die 3 Susters gaan kyk, of na Kenton on Sea toe gaan. Als wat mens nodig het is daar - selfs 'n roomyswinkel by die strand!"
"It's a very beautiful place to visit and you get friendly individuals willing to help around the town."
"It's a small town with friendly people. It was a holiday worth repeating in the future."
"Ek het grootgeword in Port Alfred en omgewing en dit was heerlik om my ou tuisdorp weer te kon besoek. Die dorp is netjies en ou geboue is opgeknap. So lekker om te kon sien dat dinge onderhou word en nie tot niet gaan nie. Ongelukkig was dit slegs 'n kort besoek."
"Port Alfred is a super holiday destination with stunning views and beaches."
"Dit sal wonderlik wees as al die padwerke afgehandel is en ook van die paaie in die dorp opgeknap word. Die pragtige dorp sal nog meer toeriste trek."
"Die Spar en Pick & Pay en Woolworths het alles wat mens nodig het. En 'n besoek aan Bathurst is 'n heerlike uitstappie. Buite seisoen is die restaurante baie stil. Daar is 'n juweeltjie met die naam Fish, waar vars vis, vis samoosas en viskoekies gekoop kan word. Pragtig skoon met puik diens. "