Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1220 resensies.
"Vir ons wat 'n troue in Pretoria-Oos gehad het en 10 km van die venue was was dit baie gerieflik en veilig. Baie goed geleë en sal dit beslis aanbeveel vir 'n oornagplek in Pretoria."
"Ons kom van die Platteland. Moes noodgedwonge oorslaap want ons moes by die hospitaal daar naby 'n afspraak nakom."
"Hou baie van Pretoria, toeganklik en vriendelike. Skoon. Kom redelik veilig voor in die dele waar ek was."
"Kyk ek kom van pretoria af, en mis dit waar ek nou is. Pretoria se verkeer is erg, maar vir my die moeite werd, alles wat jy aan kan dink is om jou en dit is soos 'n reis na 'n ander land."
"Daar was verskeie sentrums met al die nodige winkels. Daar was 'n groot verskeidenheid restaurante, van hulle het selfs vroeër vir die rugby oopgemaak. Die Safari Kwekery is 'n lieflike bestemming vir ontbyt. Die Riverside Castle is een van die mooiste troulokale."
"Ons het akkommodasie slegs gebruik vir 'n troue in die stad en omdat ons nie meer in die donker wil bestuur nie. "
"Soveel energie in Pretoria, was lekker vir 2 dae, maar ons het die Platteland se rustigheid gemis."
"Pretoria het 'n wye verskeidenheid plekke om te besoek. Van stadslewe of die rustiger bosveld net buite die stad."
"Voel nie soos 'n stad nie, eerder 'n groot dorp waar jy gou heen en weer kan ry. Baie om te doen en te sien as jy tyd maak daarvoor. Lieflike weer en gawe mense."
"Die stad self is net te besig vir ons plattelanders. Maar ons het nogsteeds 'n wonderlike naweek gehad."