Verified Reviews
Sabie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sabie
Rated 4.4 out of 5 based on 458 reviews.
"Terrible potholes in and around Sabie, Graskop, Pilgrims Rest. Tourist information in town was closed over the weekend. Many stores and establishments closed down in Graskop, Sabie and other surrounding towns. Roads and Towns neglected but all expected as a result of the pandemic. The accommodation more than made up for all of this."
"Paaie in dorp in swak toestand veral as dit in 2012-dorp van die jaar was."
"Sabie is afhanklik van die toeriste bedryf en siende dit nou so beperk is, is dit belangrik dat ons binne ons eie grense reis en hierdie tipe dorpies ondersteun. Die personeel by al die plekke waar ons was, was baie vriendelik en ook besorg oor jou veiligheid so praat met hulle en neem hulle advies dit kan jou jou hele ondervinding verander. Die Sabie Brewery se kos is fantasties, pryse is goed en hulle personeel ook! Die paaie kort aandag so hou jou oe oop en probeer om nie in die nag te bestuur nie die mis kan baie erg wees. The Elephant restaurant se kos was ook lieflik en pryse goed."
"Geen straatligte in die nag nie en dit kan uiters bedreigend vir 'n stadsjapie wees."
"Gaan gooi eerder brandstof by die Caltex vulstasie as by die Engen vulstasie. Toe ons wou brandstof gooi moes ons lank wag vir iemand om ons te kom help. Die plek was glad nie besig nie, maar niemand wou uitkom om ons te bedien nie. Ek en twee ander voertuie het later maar gery na die Caltex stasie toe vir brandstof."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Baie sentraal om na al die wonderlike besienswaardighede te gaan kyk en terug te kom vir die aand. Kan nie wag om weer daarheen te gaan nie. Die mense is ook baie vriendelik."
"Sabie is nie meer n mooi dorp nie. Vuil en baie slaggate. Tekort aan buitelandse toerisme het die dorpie ’n knou gegee. Die dorp word nie meer onderhou nie."
"Kan sien dat geen opgradering in Sabie gedoen is vir geruime tyd. Pad tussen Sabie en Hazyview is 'n nagmerrie vol slaggate. Die pad is die enigste een in die omgewing wat na al die ander besienswaardighede soos byvoorbeeld Graskop Gorge, Pelgrimsrus ens. lei."
"Die natuurskoon is werklik ietsie wat ek voel elke mens moet beleef. Baie klein ou dorpie, maar pragtig en almal groet mekaar. Daar is baie om te sien en die bome, berge en watervalle maak dit 'n ekstra spesiale ervaring. Vir seker 'n uitstappie wat ek nooit sal vergeet nie."
"Sabie is lovely it's just that all the towns in the area (Graskop, Pilgrims rest etc.) have lost that authentic touch. Pilgrims Rest seems to becoming a spaza shop set up. But that aside Sabie, Graskop etc. still have beautiful sights to visit."
"Baie lekker, baie netjies en skoon. Oom Gawie is baie vriendelik en behulpsaam. Sal weer gaan."
"Die toegangsroetes vanaf Belfast, Dullstroom, Lydenburg na Sabie sal baie aandag moet verdien - dis baie gevaarlik. Dit gaan ook die toerismebedryf in Sabie en Hazyview benadeel."
"Pragtige area, maar die paaie is ongelooflik sleg. By watervalle het ons vriendelike personeel gekry wat hul bes probeer het om die besoek vir ons gemaklik te maak."
"Een van die min dorpe in die omgewing wat nog nie heeltemal verval het nie. Hazyview en Graskop was hartseer om te sien."
"Beautuful little town. Does need some TLC, but the surroundings make up for the lack of maintenance. Good friendly folk. Worth a visit. Lovely brewery."