Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 458 resensies.
"Thank you for a great stay. I would love to visit it again and stay for longer so that I could explore the area more. I felt at peace and rested well. Everything was a pleasure."
"Sal dit ongetwyfeld aanbeveel! Ons sal definitief eerder daar gaan oornag sou ons weer daardie kant toe reis. "
"Daar is baie verskillende buitelug-aktiwiteite om te doen in en rondom Sabie. Jy moet wel ry om by als uit te kom, maar is beslis die moeite werd!"
"Die dorp word nie onder hou nie. Swak diens aan toeriste. Sal nie weer daar oornag nie."
"Pragtige omgewing met baie besienswaardighede. Baie van die paaie net gevaarlik met al die slaggate."
"Sabie is 'n pragtige dorpie en is sentraal geleë tussen verskeie besienswaardighede. Dis 'n ideale dorp om oor te slaap vir toeriste."
"Die paaie in die omliggende dorpe en selfs in Sabie maak dat ek nie sommer weer die area sal besoek nie. Dit het geweldig agteruit gegaan. Die inwoners sal op een of ander manier moet saamkom en beheer neem van die munisipaliteite om dit weer die toeristearea te maak wat dit was."
"Net jammer die treintrok restaurant het nie die Covid-ekonomie oorleef nie, maar ons het dit geniet by The Wild Fig."
"Net hartseer dat die Treintrok restaurant nie Covid oorleef het nie. Maar die Wild Fig restaurant het ons verbaas met 'n awesome atmosfeer, en heerlike kos."
"Sabie is in 'n pragtige omgewing geleë, naby verskeie belangepunte in die Mpumalanga-omgewing."
"Sabie has the best restaurants and the Brewery is definitely a highlight from our trip. They also offer the best pizza in town. The Wild Fig is also a nice stop for a light lunch! Sabie is also home to a few waterfalls - we made the trip to the Bridal Veil (a long walk up - but totally worth it)."
"Was aangenaam verras oor Sabie en omgewing en sal definitief weer vir 'n wegbreek soontoe gaan."
"Rustig en sentraal geleë vir besienswaardighede en akkommodasie, asook baie maklik om elke dag bietjie uit te ry na ander bestemmings op die Panorama-roete en selfs verder noord in Limpopo."