Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 2042 reviews.
"Net jammer oor die e-coli in die hoofstrand se water wat ons hele gesin siek gemaak het. Manaba strand was 'n beter swemstrand."
"Uitstekende swemstrand en toereikende besighede vir noodsaaklikste benodigdhede."
"Nie vir reisigers wat van 'n besige vakansie-vibe hou nie. Geen entertainment en restaurante nie. Lieflike strand."
"Ramsgate is 'n eersteklas-vakansiebestemming met iets vir elke smaak. Die blouvlagstrand is 'n bekende trekpleister, maar daar is ook 'n verskeidenheid van doendinge en interessante besighede om te verken. Hier kan jy maklik 'n week of twee deurbring sonder om verveeld te voel, en terselfdertyd genoeg asemskep om weer volspoed te werk."
"Strand bietjie besig party dae, wat seker heeltemal verstaanbaar is vir Desember, maar nooit vreeslik crowded. Lekker plek om vakansies deur te bring, net jammer dis te ver van Gauteng om meermale te gaan."
"Pratige plek en als is om jou jy hoef nie baie ver te ry na winkels toe nie. Eetplekke is volop en by jou."
"Sou graag meer wou sien van die dorp m.a.w waar is staproetes, museums, 4x4 roetes."
"Don't drink the water, always carry bottled water as tap water is not good for consumption."
"Niks om te doen nie, glad nie vir mense wat tieners het nie, miskien vir ouer mense wat rustigheid soek."
"Ons het 'n paar swemstrande besoek. Ons sal waarskynlik nooit weer Margate toe gaan nie, en alhoewel Uvongo 'n heerlike swemstrand is, het een van ons familielede 'n maagvirus daar opgetel. Die apteker het gesê dit het te doen met die riool wat by Uvongo se lagoon inloop. Ons het Umzumbe strand en Scottburgh baie geniet en sal graag weer soontoe gaan."
"Uvongo is quite a sleepy town and if you are not a huge beach lover you may find it a little boring."