Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1982 reviews.
"Baie gewaarsku oor veiligheid by die strand en op pad strand toe, maar geen insidente gehad nie."
"Margate self is 'n vertrapping van mense. Uvongo is 'n lekker area, alhoewel die seewater baie vuil was a.g.v. die oorstrommings en al die stompe, takke en riool wat in die see in spoel. Baie keer is strande gesluit a.g.v. die toestand. Gelukkig is die strande na aan mekaar en kan jy na ander strande vir die dag gaan. Ons gunstelingstrand is Ramsgate."
"Uvongo has everything we need in walking distance but the beach is not that great at the moment but there were some lovely surrounding beaches."
"Uvongo is lieflik met 'n Spar naby, 'n paar winkels om die nodige te verkry, en groot winkelsentrums en besienswaardighede is almal nie te ver weg nie."
"Ons was nie by Hibberdene se hoofstrand nie, ons het daagliks na Umzumbe-strand gereis wat so 5 km weg was. Umzumbe was skoon en ook nie té besig nie."
"Alles wat lekker is, is slegs 'n kort entjie se ry weg. Die strand net 1 km op van die woonstel was heerlik en ons het hom gereeld verkies bo ander meer bekende strande. Daar is 'n hele paar lieflike ander uitstappies binne 'n uur se ry vandaar."
"The location is perfect, beach front, close to shops and banks, it was very easy to find anything we needed."
"Pragtige, rustige strande met rotse vol klein getypoele waar mens talle klein seediere kan opspoor. Genoeg, veilige swemspasie beskikbaar."
"Uvongo is 'n heerlike vakansiedorp met baie winkels en restaurante en alles wat jou hart nog begeer. Die Uvongo-strand bied baie aktiwiteite en lekker eetgoed en daar is daagliks lifeguards op die strand tydens die high season. Daar is baie om te doen en te sien met nabygeleë plekke soos Margate, Ramsgate en Port Shepstone. Hierdie is beslis my nuwe vakansiegunsteling."