Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2152 resensies.
"Ons het letterlik by die hek van die kompleks op die sypaadjie 'n naald en inspuiting gekry, die area was nie baie skoon nie en die strand het gebreekte drankbottels oral gehad."
"Dit het baie agteruit gegaan en kan sien daar kort meer mense en vakansie-vermaaklikhede."
"Mense was vriendelik en die strand het ons van gehou. Dit was skoon en lekker gewees."
"Bazley Beach has a public beach which is clean and not very busy and there is also a private beach."
"Natuurskoon is asemrowend. Geleë tussen bekende strande en dorpe soos, Southbroom, Trafalgar, Ramsgate, Port Edward ens."
"Uvongo is ons strand van keuse. Daar is genoeg vermaak, die strand se winkel is tops en meeste winkels is loopafstand. Ons voel baie veilig en die water is altyd heerlik."
"Daar is baie om te doen. Al die strande is baie skoon en werklik aangenaam. Lewensredders is sigbaar. Alles is naby aan mekaar. Mens hoef nie ver te ry om te gaan eet, stap, fliek, swem nie. Mense en diens gemaklik en vriendelik."
"The South Coast is always pleasant! Beaches are clean and calm and never overcrowded!"
"Kingsburgh is a great place for a vacation, I always go there when I want to visit the ocean."
"Strande van Winklespruit tot Warner strand was gesluit vanweë Ecoli. Volgens die mediabron, South Coast Sun is die strande alreeds vanaf November 2022 gesluit vanweë die hoë Ecoli-bakterieë tellings in die see en pogings van die stadsraad om dit oop te stel was aan en af. So vir die byna 10 dae wat ons daar was, was die strand taboe. So ongelukkig en met gròòt teleurstelling kon ons nie op die strand gaan stap of swem nie vanweë 'n walglike rioolreuk wat ook dikwels woonstel toe gewaai het sodat ons met geslote vensters moes sit. Ons het dus verskeie kere Scottsburgh toe gery, wat eintlik die hele idee van 'n plekkie binne strand-loopafstand gekanseleer het. Alhoewel die woonstel mooi is, moet jy dus katvoet loop vir die omgewing."