Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 2082 reviews.
"Natuurskoon is asemrowend. Geleë tussen bekende strande en dorpe soos, Southbroom, Trafalgar, Ramsgate, Port Edward ens."
"Uvongo is ons strand van keuse. Daar is genoeg vermaak, die strand se winkel is tops en meeste winkels is loopafstand. Ons voel baie veilig en die water is altyd heerlik."
"Daar is baie om te doen. Al die strande is baie skoon en werklik aangenaam. Lewensredders is sigbaar. Alles is naby aan mekaar. Mens hoef nie ver te ry om te gaan eet, stap, fliek, swem nie. Mense en diens gemaklik en vriendelik."
"The South Coast is always pleasant! Beaches are clean and calm and never overcrowded!"
"Kingsburgh is a great place for a vacation, I always go there when I want to visit the ocean."
"Strande van Winklespruit tot Warner strand was gesluit vanweë Ecoli. Volgens die mediabron, South Coast Sun is die strande alreeds vanaf November 2022 gesluit vanweë die hoë Ecoli-bakterieë tellings in die see en pogings van die stadsraad om dit oop te stel was aan en af. So vir die byna 10 dae wat ons daar was, was die strand taboe. So ongelukkig en met gròòt teleurstelling kon ons nie op die strand gaan stap of swem nie vanweë 'n walglike rioolreuk wat ook dikwels woonstel toe gewaai het sodat ons met geslote vensters moes sit. Ons het dus verskeie kere Scottsburgh toe gery, wat eintlik die hele idee van 'n plekkie binne strand-loopafstand gekanseleer het. Alhoewel die woonstel mooi is, moet jy dus katvoet loop vir die omgewing."
"Pragtige plek om op vakansie te gaan en is baie om te doen. Sal definintief weer Uvongo besoek."
"Die strand en dorp het baie agteruitgegaan sedert ek laas daar was - 'n hele paar jaar gelede. Ek het effens onveilig gevoel by die strand en langs die see."
"Manaba is nog aanvaarbaar maar Margate gaan agteruit en gevaarlik om snags daar te loop."
"Veiligheid gaan in die toekoms 'n faktor wees. Baie leeglopers en boemelaars om elke hoek en draai. Polisiering in strate baie swakker as in Durban. Oord self is veilig, maar strate het verseker risiko's wat misdaad aanbetref."