Geverifieerde Resensie
St Helena Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Helena Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 654 resensies.
"My plek om te bly, beste plek op aarde, skoon en netjies, wonderlike mense."
"Britanniabaai is die beste deel van St Helenabaai. In St Helenabaai self is die reuk van die visfabrieke oorweldigend, veral in digte mis."
"Niks verkeerd met St Helenabaai nie. Daar's nie baie om te doen nie."
"Pragtige dorp, was baie beïndruk met ons eerste besoek aan St. Helenabaai. Het die Weskus baie geniet en wil vir seker volgende jaar baie graag weer teruggaan."
"Not much to do in the area. Had to go to Langebaan to do something and go to a restaurant."
"Nie veel om te doen as jy nie die see as trekpleister gebruik nie. Dit is egter hoekom mense daarheen gaan en dan kan jy jou gate uit geniet."
"St. Helenabaai moet mens met 'n stadige pas benader. Dit is 'n stil plek met vriendelike mense. Hier word jy geforseer om te rus."
"There is no other place with as many beautiful people as St. Helena Bay. Living there or visiting is worth every second. A true West Coast treasure like no other."
"Dis 'n pragtige dorpie met baie vriendelike mense en ek het nog nie beter vis en tjips geëet as dié op die kaai daar nie!"
"Ek is van die Weskus en St Helenabaai sal altyd een van my gunsteling bestemmings bly. As jy 'n wegbreek soek van die stadslewe is St Helenabaai 'n goeie opsie. Die mense is vriendelik en daar is baie akkommodasie waar jy kan ontspan of jy kan ook net gaan vir 'n dag by die see. Die strand is glad nie vol nie."
"Overall it is a worthy place to visit, a nice beach with safety, dolphins and great views. The one missing thing is a few more restaurants that are very-excellent category. Take cues from Paternoster."