Geverifieerde Resensie
St Helena Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Helena Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 664 resensies.
"Stil plekkie waar rustige natuurskoon belangriker is as restaurante en inkopiesentrums. Alegria en De Palms is puik restaurante in die omgewing. "
"Eerste keer daar, maar sal definitief terugkeer. Was te kort gewees en het oulike restaurante."
"Sekerlik een van die Weskus se geheime wat baie goed bewaar is! Fantastiese skoon strande en lae kommersiële impak beteken dis nog 'n plek waarheen mens kan wegbreek sonder om deel te voel van 'n toerismenes."
"Daar is baie min om te doen in Britannia Baai, maar as jy 'n boot het, is dit net die plek om te gaan."
"It has great potential but shouldn't become too over-developed. The place will lose its tranquility."
"A peaceful and healing little corner of the world. The perfect escape, with nothing to do but enjoy."
"Nog ontwikkeling nodig, met winkels baie beperk (moes Vredenburg toe ry vir 'n swembroek). Maar as jy stilte soek is dit ideaal."
"Pragtige plek wat baie uitgebrei het. Ons het 'n 3 nag sessie bespreek in die Bon Hotel vir Desember 2015."
"Absolutely loved St Helena and planning on retiring there. What a safe haven with unspoilt beauty all round and a beautiful, friendly community."
"Dis 'n moet sien as jy nog nie die deel van ons land gesien het nie. Naby aan juwele soos Jacobsbaai, Paternoster en Tietiesbaai om maar 'n paar te noem."
"Dis bitter mooi. Ek was ongelukkig net daar vir 'n troue, so het nie veel tyd gehad nie, maar sal graag wil teruggaan."
"Dis werklik 'n Weskus-juweel! Die plek is lieflik, rustig en die natuurskoon is ongelooflik. "
"Britanniabaai is vir diegene wat wil wegbreek van die gejaag van die stad en werklik net die see en natuur wil gaan geniet."