Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 612 reviews.
"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."
"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."
"Lieflike plantegroei. Pragtige dorpie. Net jammer van die baie mere wat nie water het nie weens droogte."
"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."
"St Lucia is stunning! Die dierelewe maak dit 'n baie spesiale plek. Die seekoeie loop sommer in die aande in die dorp en gras vreet. Cape Vidal het die lieflikste strand. Definitief 'n plek vir natuurliefhebbers!"
"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "
"Was 'n ongelooflike ervaring om die seekoeie snags in die strate te sien. "
"Ons was basies op 'n voëlkyk vakansie en die bos en omgewing het 100% voldoen aan ons verwagtinge. "
"Baie mooi dorpie. Ons kom van Richardsbaai wat so uur se ry weg is so ons ken St Lucia goed."
"Een van ons land se top-natuurbestemmings - dis hoekom ons so dikwels besoek aflê!"
"Ek is versot op St Lucia. En nou dat die mond oopgemaak word sal die visse terugkeer en dan is ons weer daar elke jaar! St Lucia bly die beste plek om te rus en te "destress". Veilig daar en te lekker!"
"Cape Vidal was awesome and is a must for every one visiting this area, the boat trip up the St Lucia Estuary was also very pleasant."