Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 601 reviews.
"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."
"St Lucia is stunning! Die dierelewe maak dit 'n baie spesiale plek. Die seekoeie loop sommer in die aande in die dorp en gras vreet. Cape Vidal het die lieflikste strand. Definitief 'n plek vir natuurliefhebbers!"
"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "
"Was 'n ongelooflike ervaring om die seekoeie snags in die strate te sien. "
"Ons was basies op 'n voëlkyk vakansie en die bos en omgewing het 100% voldoen aan ons verwagtinge. "
"Baie mooi dorpie. Ons kom van Richardsbaai wat so uur se ry weg is so ons ken St Lucia goed."
"Een van ons land se top-natuurbestemmings - dis hoekom ons so dikwels besoek aflê!"
"Ek is versot op St Lucia. En nou dat die mond oopgemaak word sal die visse terugkeer en dan is ons weer daar elke jaar! St Lucia bly die beste plek om te rus en te "destress". Veilig daar en te lekker!"
"Cape Vidal was awesome and is a must for every one visiting this area, the boat trip up the St Lucia Estuary was also very pleasant."
"Daar is baie om te doen soos diepseehengel, perdry in wildreservaat, boot ry op meer om seekoeie en krokodille van naby te sien, kaasfabriek besoek, krokodilplaas, restaurante met vars vis tot lekker lang stappies saam jou geliefdes of honde op die strand. Het elke oomblik geniet."
"Baie aktiwiteite in en omgewing, iets van als, en is nog rustig sonder baie verkeer, sommer net lekke!"
"St Lucia is 'n droom bestemming - ry links en jy is in die bos; ry regs en jy is op die strand. Duikertjies, impala en sebras loop sommer links en regs verby jou en die dorp het warm, vriendelike mense orals."
"As die meer se mond oop en in verbinding met die see is kan dit baie meer vakansiegangers lok. Ongelukkig is dit die werking van die natuur wat die tonne sand voor die estuary se monding neergelaat het, maar ons hoop en vertrou dat die uitwerking van die Umfolozi (as dit reën) 'n permanente oop riviermonding tot gevolg kan he."