Geverifieerde Resensie

St Lucia Estuary

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Lucia Estuary bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 601 resensies.

St. Lucia-riviermonding

Forest Lodge

"Dit was baie lekker om daar te kuier. Die mense is almal baie vriendelik."

St. Lucia-riviermonding

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"A very enjoyable destination. The town itself could look a bit smarter but the Isimangiliso Reserve experience was world class. "

St. Lucia-riviermonding

Flamboyant 7

"So lekker plekkie!"

St. Lucia-riviermonding

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"Klein vakansie dorpie met 'n vriendelike gees van die inwoners. Uitstappies om van te kies en te keur asook 'n kaasfabriek, skoenlapper koepel, bootvaarte en veilige strand en natuurreservaat 30 km vanaf St Lucia. Sal weer terug gaan."

St. Lucia-riviermonding

Tree Top Village @ Urban Glamping

"Ek het St. Lucia besoek as kind omtrent 2 keer 'n jaar vir 9 jaar lank, en na 18 jaar stel St Lucia steeds nie teleur nie. Dit bly 'n pragtige plek met vriendelike inwoners en die natuur word beskerm, wat na aan my hart lê. St. Lucia sal altyd my vakansie dorp bly. 'n Bietjie bos, 'n bietjie see, wat meer wil jy hê?"

St. Lucia-riviermonding

St.Lucia Imvubu Cottage

"Meer as genoeg om te doen al vang jy nie vis nie. Cape Vidal en al die ander besienswaardighede is steeds naby genoeg om enige persoon se vakansie propvol te maak. Baie veilige en rustige omgewing, waar jy sonder vrees kan gaan stap."

St. Lucia-riviermonding

Forest Lodge

"My vrou het dit baie geniet en my kind het mal gegaan oor die seekoeie en krokodille."

St. Lucia-riviermonding

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"Sy Lucia is 'n puik bestemming. Ons sal verseker weer daarheen gaan."

St. Lucia-riviermonding

Shonalanga Lodge

"A great place to go to have all the Big Five and the iSimangaliso Heritage Park so close to each other."

St. Lucia-riviermonding

Tree Top Village @ Urban Glamping

"Die luiperde kan jy sien in die straat op pad huis toe en seekoeie. Die seekoeie is soos straatwagte en daarom is baie plekke na 19:00 toe. Beste straat wagte ooit."

St. Lucia-riviermonding

Kings Palace

"Dis ons eerste vakansie keuse."

St. Lucia-riviermonding

Oppi Rotse

"'n Netjies dorpie en omgewing met baie potensiaal wat onderbenut word deur plaaslike owerheid. Die oorbeklemtoning van "geen alkohol" is frustrerend want die strande is steeds vol bottels en gemors en werkers lewer oneffektiewe diens. Beskikbaarheid van info oor wat waar gedoen kan word is gebrekkig en teenstrydig, en veral watse lisensies en permitte word benodig en waarvoor. As 'n permit benodig word, dan moet dit beskikbaar wees by die kantoor op die grond en nie 30 km verder nie, bv. hengellisensies word nie uitgereik by Cape Vidal nie maar by poskantoor op St Lucia nie!"

St. Lucia-riviermonding

St. Lucia Safari Lodge

"Klein dorpie met heelwat om te doen. "

St. Lucia-riviermonding

Villa Mia 7

"St Lucia-meer sal nooit weer herstel nie. Waar gaan die geld heen?"

St. Lucia-riviermonding

The Estuary Guest Chalets

"Ons was baie gelukkig om die bosloerie (Nerina Trogon) daar te sien! Wat 'n pragtige voël. "

St. Lucia-riviermonding

Flamboyant 17

"Baie lekker weer en area om maklik vir drie weke weg te breek. Baie om te sien en doen. Cape Vidal is net 'n klipgooi ver, asook iSimangaliso."

St. Lucia-riviermonding

Kings Palace

"Awesome natuurskoon."

St. Lucia-riviermonding

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"Hulle mark is meer gemik op oorsese toeriste. Party van die pryse is bietjie oordadig. Cape Vidal en iSimangaliso park is 'n lekker uitstappie. "

St. Lucia-riviermonding

Flamboyant 7

"Asemrowend mooi. 'n Besoek aan die Isimagaliso vleilande is 'n moet."

St. Lucia-riviermonding

Flamboyant 10

"Klein vakansiedorpie. Moet die natuurreservaat gaan verken as jy in die area is. "

St. Lucia-riviermonding

Villa Mia 12

"Dis 'n lekker stil plekkie, maar daar is heelwat om te doen, die eetplekke is baie lekker, veral vir mense wat hulle eie ding wil doen of visvang."

St. Lucia-riviermonding

Villa Mia 12

"A lovely, clean town, definitely a place to visit again. No church?"

St. Lucia-riviermonding

Gerda's Place

"Ons is ou besoekers aan St Lucia. Hoe lank gaan die monding nog toe wees? Elke jaar sien mens hoe die ekosisteem agteruitgaan vandat die sand nie meer uit die monding gepomp word na Demoina se skade in 1984 nie. As mens na oorde binne in die Isimangelo weiland soos Sobhengu, ens. gaan kan mens sien die meer het so laag gesak dat daar 'n groot probleem sluimer. Daar is nie meer vir die toeris vis te vang nie. Daar is wel skelm nette in die meer. Grunters word daagliks op groot skaal gemeet en aan verskaffers in Durban, ens. verkoop. Ek dink regtig die monding moet weer meganies oopgehou word om die sisteem in die meer te red en die visse ens te laat inkom en uitgaan soos dit was."

Blad
Blad 17 - Wys 481 tot 510
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang