Geverifieerde Resensie
St Lucia Estuary
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Lucia Estuary bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 601 resensies.
"St Lucia is die perfekte bestemming vir natuur, visvang, rustigheid en asem skep!"
"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."
"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."
"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."
"Ons geniet St Lucia baie, die natuur is pragtig en so ook is dit skoon en netjies, dankie."
"Ons is vreeslik lief vir die bestemming, en het al vantevore ook hierso besoek. Daar is vreeslik baie lekker uitstappies en mens behoort hier te besoek vir ten minste 4 dae om als te ervaar."
"Verskriklik lekker om dit te kon sien en na die seekoeie en krokodille te kyk op die Hippo Cruise. Dis regtig 'n baie unieke plek met die mooiste natuurskoon. "
"Dit is baie lekker en rustig maar daar is nie baie aktiwiteite om 'n mens vir lank besig te hou nie. Die aktiwiteite wat wel daar is, is baie genotvol."
"There are Lots of interesting things to do, like fishing trips on the Ocean, snorkeling adventures and game drives.The Crocodile sanctuary was also very interesting. However, there are some disappointing factors, to be considered as well. The 4 ATM counters in Town are either not working, or have no money available, therefore one stands in queues at the only bank in town. This makes it very difficult, as some businesses insist on cash. Plus it is a very long walk to the beach. Monkeys can be a nuisances as well. "
"Wanneer die konstruksiewerk rondom die monding van die meer en die Umfolozi rivier voltooi is, en die ekosisteem weer normaal funksioneer, kan St Lucia Estuary weer soos van ouds, 'n hengel paradys wees. "
"They are now working at the riverbanks and the plan is to connect the Umfulozi river to the Estuary. This should be finished around June and the Estuary should be connected to the sea again. I'm afraid of the influence to nature by this, as I didn't see one Hippo in 3 days."
"Die winkels is bietjie duur vir SA, maar natuur maak daarvoor op."
"St Lucia viel verder wat tegen en langer dan 4 nachten bleven we gelukkig niet want we hadden alles gezien en gedaan."
"St. Lucia is not a place to visit for more than a day, except if you have a boat. The sea is a bit far from the town if you do not have a vehicle. The area and surrounding nature is very beautiful."