Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2330 reviews.
"Probeer gerus aandete by die Hotel. Dit is onder nuwe bestuur en die kos is heerlik en die hotel is pragtig gerestoureer. "
"Maak seker om 'n draai by die boekwinkel te maak, dis die moeite werd. "
"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "
"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."
"Jammer dat ons nie by aankoms of vertrek die Richhmond Book Town Headquarters kon oop vind nie."
"Die waardering vir die geskiedenis en mooi geboue sal ek beslis aanbeveel. Ons het vanaf Victoria-Wes na Loxton gery - die mooiste kerk, die Rooi Granaat en Deon Meyer se huis. Daarna het ons deur Carnavon gery en die afdraai na die SKA geneem om na die satelliete te gaan kyk (besig met padwerke op die oomblik)."
"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."
"It's a small quaint town but very run down and the maintenance from the municipality's side is next to none. An interesting stopover as they used to breed horses here for the Durban July. "
"It might look like there is not much going on in this little town in the Karoo, but it is steeped in some very interesting history and has a lot to offer! We will be back to Brandwag especially to explore more of the Karoo bush, historical landmarks and rock paintings, and to eat some more lamb!"
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"
"Meer vermaak moet gereël word. Die eetplek en die winkels moet bietjie opgeknap word, want dit is bietjie outyds."
"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."