Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6600 resensies.
"Ek was nie bewus van die slegte grondpad van Lambertsbaai af nie. Ongerepte skoonheid en pragtige, skoon dorpie met baie vriendelike mense. "
"Pragtige dorpie met alles binne jou bereik. Sal dit definitief weer en weer besoek."
"Alhowel ek Vredenburg nie as n toeristebestemming sal beskryf nie, is die dorp netjies, skoon en die mense vriendelik. Dit is wel baie sentraal tot ander toeristebestemmings soos Paternoster, Jacobsbaai, Saldanha en St Helenabaai."
"Heerlike plek om net te wees. Ek kan Isabellas restaurant sterk aanbeveel as jy ietsie wil eet. Jy moet voëleiland besoek."
"Dit was so lekker, rustig, almal is vriendelik en hul OK was goedkoper as wat ek in die Kaap sou betaal!"
"Klein, mooi dorpie. My eerste keer daar. Twee of drie redelike eetplekke met 'n restaurant en kelder op die ou hawe. Baie naby aan Strandfontein wat selfs 'n nog mooier dorp is."
"Pragtige bestemming met pragtige privaat strand. Veilig en 'n lekker rustige area."
"Seems to be a booming town with lots of construction going on everywhere. Mansions everywhere on the south side."