Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"As jy van stil en mooi views en niks om te doen behalwe vir iets mooi staar hou is dit jou plek."
"Ons was 'n bietjie teleurgesteld met die vinnige uitbreiding van groot massiewe huise orals wat Yzerfontein se Weskusdorpie-atmosfeer opgeslurp het. Groot jammerte!"
"Beslis my gunsteling Weskus bestemming. Lekker weer, vriendelike mense en aangename atmosfeer dra by tot 'n heerlike, ontspanne vakansie. Pragtige strande en heerlike water van die strandmeer perfek vir allerhande wateraktiwiteite. Lekker plek om te hengel."
"Pragtig! Strande is asemrowend. Bird Island is so mooi en die mense is baie vriendelik. Muisbosskerm restaurant is 'n moet. Die plek het my hart gesteel."
"Baie sentraal geleë vir besoeke aan verskeie pragtige plekkies langs die Weskus. "
"Klawer bied 'n sentrale plek waarvandaan 'n mens Papendorp, Strandfontein en Doringbaai kan besigtig. Vredendal en Lutzville is baie naby waar inkopies gedoen kan word en restaurante en wynkelders besoek kan word."
"Mal oor die "village"-gevoel van Jacobsbaai! Mens hoop dit kan vir altyd so bly. Die area is prentjiemooi."
"Lieflike kusdorpie. Gaan eet gerus by Soverby tussen Velddrif en Dwarskersbos."
"Vredendal het ons aangenaam verras! Baie mooi skoon dorpie. Besoek ook gerus 'The Grape Vine' restaurant (vir die beste kos met styl, die beste steaks wat ons in jare geëet het en puik diens), 'Maskam Brewery Co.', en die kwekery, dié plekke kan ons beslis aanbeveel. "
"Stil en rustig met net die natuur. 'n Ware juweel. Het selfs 'n bokkie met haar kleintjie in die veld gesien. Vriendelike mense. Beslis 'n stop werd."
"Die mooiste dorpie met pragtige landskappe en natuur skoonheid. Sal Paternoster aanbeveel vir almal wat nog nie die plekkie besoek het nie."
"Het dit in die winter beleef, dink dit is pragtig in die somer as al die wingerde groen is."