Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6600 resensies.
"Lambertsbaai is 'n aangename dorpie met oulike restaurante en winkels. Voëleiland is ietsie lekkers om met die gesin te besoek."
"Yzerfontein is a beautiful little hidden gem about 1 hour's drive from Cape Town. It is near enough to travel to for a break, but not too much travelling time involved. The town itself is nice and quiet."
"Paternoster is 'n liefike vissersdorpie waar die mense nog vriendelik teenoor toeriste is. A+ bestemming!"
"Yzerfontein is beslis ons keuse vir verdere aftrede. Strand is so mooi en skoon en die omgewing pragtig. Beplan beslis om so oor 4 jaar daar te koop."
"Not much to do in the area. Had to go to Langebaan to do something and go to a restaurant."
"Min plekkies om te sien maar plekkies soos Isabella en Roestyd maak op daarvoor. Ons het baie lekker daar gekuier."
"Pragtige plek en rustig. Wees net versigtig vir die rondloop-honde wanneer jy met jou honde kinders stap."
"Excellent place to visit if you like to relax completely and need space to breathe. Great restaurants."
"Definite restaurants to visit for Seafood and Cocktails are Isabellas and Weskus Kombuis. Bought some beautiful seashell windchimes from a creative individual outside of Isabellas. Please support the local entrepreneurs."
"Yzerfontein is 'n veilige dorpie en is sentraal geleë vir wyn- en bierproe, en vele meer in en om Darling. Langebaan/Paternoster na die noorde en Kaapstad na die suide is nie meer as 'n uur se ry."
"Nie veel om te doen as jy nie die see as trekpleister gebruik nie. Dit is egter hoekom mense daarheen gaan en dan kan jy jou gate uit geniet."
"Vriendelike mense. Alles amper binne loopafstand. Ons gunsteling-Weskus-wegbreekplekkie."
"St. Helenabaai moet mens met 'n stadige pas benader. Dit is 'n stil plek met vriendelike mense. Hier word jy geforseer om te rus."
"Yzerfontein bied verskeie dienste en het 'n hele paar eetplekke. En 'n 16 Myl-stapstrand!"
"Was on a business trip, so not much time to explore the area. Did enjoy lunch and wine at Namaqua Wine Estate."
"Beïndruk met die atmosfeer van samewerking en ondersteuning tussen die verskillende plaaslike mense om toerisme te bevorder. Absoluut almal oral was besonder vriendelik en hulpvaardig en die kos by al die restaurante was heerlik en die diens puik."