Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Baie sentraal geleë (Kaapstad, Stellenbosch, Somerset-Wes/Strand, Malmesbury ens). Baie mooi uitsig (veral in die aand) oor die laer dele, asook Tafelberg."
"Ek dink Kleinmond is 'n rustige dorpie waarvandaan mens lekker kan uitry. Die omgewing bied toegang tot lieflike aktiwiteite en agterpaaie soos gholfbane, wynplase en padstalle. Ek sal byvoorbeeld eerder op Kleinmond gaan oorbly as Hermanus en Kleinmond as 'n sentrale uitrypunt gebruik. Ons het lekker gebly, die Spar is uitstekend toegerus en hier is baie om te doen. Die hoofstraat was heel naweek lekker stil. Saans kon ek op die stoep sit en vir die see luister. Dit is lieflik! "
"Dit is net jammer dat Lambertsbaai, soos alle mooi plekke so agteruit gaan, maar 'n moet besoek vir elkeen wat nog nie daar was nie."
"Karaktervolle dorpie met interessante besoekpunte. Vriendelike diens, goeie restaurante. "
"Heerlike vakansiebestemming alhoewel dit baie duur is en oor Desember-vakansies amper te besig."
"Top! Heel gezellig plaatsje met goede voorzieningen en mooie boulevard en veel walvissen gezien."
"Prentjie mooi! Die mense is uiters vriendelik en maak jou dadelik deel van die Riviersonderend-familie voel! Sal beslis weer daar gaan draai!"
"Pragtige omgewing so tussen die wingerde en berge! Dorp se hoofstraat is geen advertensie vir die dorp of omgewing nie! Huidiglik is dit beter om die hoofstraat vermy!"
"Jongensfontein is beslis een van ons gunsteling bestemmings en sal dit weer besoek. Dit is skoon netjies en veilig."