Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Klein plekkie, maar die natuurtonele en staproetes in die omgewing maak dit die moeite werd."
"Ons was erg teleurgesteld met die kwaliteit van die lewensredders wat daar diens gedoen het. Hulle was volgens ons nooit 100% gereed vir aksie nie, want hulle aandag word afgetrek deur vriende wat opdaag en dan vir ure aaneen gesels. Daar was ook 'n radio of iets soortgelyks wat klipharde musiek speel. Dan is hulle rug gekeer na die see, so hulle kan nie sien of hoor as daar moontlike probleme op die sand of in die seewater is nie."
"Nie so gelukkig met eetplekke rondom die hotelle nie, want nie almal wil oorprys word nie en die toeriste kan wiskunde doen. Byvoorbeeld: dieselfde kettingrestaurant in die Kaap is 75% goedkoper. "
"'n Groter verskeidenheid restaurante op die seefront sal lekker wees. Daar was nie regtig 'n goeie, billike restaurant waar 'n mens net lekker kan kuier nie."
"Mens kuier so lekker op Jacobsbaai dat jy hom eintlik nie met ander wil deel nie. Pragtig, rustig en veilig."
"Ons het Parow lekker sentraal gevind om na die Waterfront, Tafelberg, Botaniese Tuine, Kaappunt, Robbeneiland, Houtbaai, die wynplase en nog baie ander plekke te besoek. Dit is ook naby die N1."
"Vir seker die plek om by weg te breek uit die stad se geraas en gejaag. Die perfekte ligging en onbeskryflike vakansie."
"Ek love Struisbaai. Ek voel gerus dat my kids met hul fietse rondry en rondstap. Die winkels se ure tydens Desember is van vroeg tot laat, wat baie nice is."
"Klawer is the perfect midway stop between Cape Town and the Northern Cape or Namibian border."