Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Ek het in Parow grootgeword en het 'n plek naby die snelweg gesoek wat meer sentraal is, maklik bereikbaar vanaf die snelweg. Hierdie plek het vir my aan al die eienskappe voldoen. Die omgewing is stil en netjies."
"Ek is self 'n Kapenaar en ken die area goed. Sal more teruggaan Kaap toe as dit vir my bestem is. Daar is soveel te doen in 'n radius van 50 km dat 'n mens nie als in 'n naweek kan doen nie."
"Montagu is 'n baie rustige dorp. Daar is baie plekke naby om te besoek en dinge om te doen."
"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."
"Baie lekker plek. Ek en my familie het die langnaweek terdeë geniet aangesien dit ons eerste keer in die plek was."
"Gansbaai is 'n gesellige dorp. Dit voel glad nie soos 'n toeristebestemming nie. Franskraal en De Kelders voel meer so a.g.v. die vakansiehuise. Gansbaai het meer gevoel soos 'n dorp met hul "locals", maar dit maak nie mens se ervaring enigsins sleg nie. Ons het wel baie lank gewag vir ons kos by 'n spesifike restaurant, maar die kos was die moeite werd. Die ander plek waar ons loop eet het, was weer baie vinnig met net net sulke heerlike kos, so Gansbaai met sy verblyf en restaurante kan vir enigiemand aanbeveel word."
"Asemrowend mooi. Plekkies om 'n draai te moet maak is "The Fork and Train, Kraai4Braai en Sea Gypsy. Dit was regtig die tyd en geld werd om daarheen te gaan."
"Lyk na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae te gaan ontspan en batterye te herlaai."
"Prins Albert is beslis 'n besoek werd. Heerlike eetplekkies. Die museum moet beslis ook besoek word. "
"Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!"
"Sedgefield is a very quiet and adoring little town ,if you want to relax its definitely the perfect place. For the adventurer in you it's a bit far from everything as you have to drive everywhere."
"Wilderness is an awesome place with great people and the views are just amazing! t is located in the center, between George and Knysna and that's another awesome factor! It is very convenient and offers easy access to beaches and there is plenty of activities for everyone."