Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Fantastiese omgewing om te bly as jy in die Kaap is. Bietjie weg van die vreeslike geraas, en vriendelike mense."
"Ons het lekker geëet by Isabellas in die hawe en na die voëls gaan kyk op die eiland, neem R5 kontant saam om in te kom by die hawe en R40 kontant om op die eiland te gaan."
"Die dorpie het 'n bietjie lewe nodig, maar daar is lekker restaurante in die omgewing."
"Baie rustige klein dorpie. Daar gaan nie veel aan nie, wat vir my 'n goeie ding is! Lekker ontspannend. Pragtige strand!"
"Baie sentraal geleë (Kaapstad, Stellenbosch, Somerset-Wes/Strand, Malmesbury ens). Baie mooi uitsig (veral in die aand) oor die laer dele, asook Tafelberg."
"Ek dink Kleinmond is 'n rustige dorpie waarvandaan mens lekker kan uitry. Die omgewing bied toegang tot lieflike aktiwiteite en agterpaaie soos gholfbane, wynplase en padstalle. Ek sal byvoorbeeld eerder op Kleinmond gaan oorbly as Hermanus en Kleinmond as 'n sentrale uitrypunt gebruik. Ons het lekker gebly, die Spar is uitstekend toegerus en hier is baie om te doen. Die hoofstraat was heel naweek lekker stil. Saans kon ek op die stoep sit en vir die see luister. Dit is lieflik! "
"Dit is net jammer dat Lambertsbaai, soos alle mooi plekke so agteruit gaan, maar 'n moet besoek vir elkeen wat nog nie daar was nie."
"Karaktervolle dorpie met interessante besoekpunte. Vriendelike diens, goeie restaurante. "
"Heerlike vakansiebestemming alhoewel dit baie duur is en oor Desember-vakansies amper te besig."
"Top! Heel gezellig plaatsje met goede voorzieningen en mooie boulevard en veel walvissen gezien."
"Prentjie mooi! Die mense is uiters vriendelik en maak jou dadelik deel van die Riviersonderend-familie voel! Sal beslis weer daar gaan draai!"