Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35758 resensies.
"Baie interessant en die moeite werd, al is dit net om die stilte te beleef."
"Calitzdorp is 'n tipiese klein dorpie in die Karoo wat net in die allernodigste behoeftes voorsien. Ons was baie teleurgesteld dat ons al die pad na Oudtshoorn moes ry om ordentlike vleis te koop. Volgens wat ons verneem het, sal Spar blykbaar binnekort in die plaaslike gemeenskap se kruideniersbehoeftes kan voorsien. Indien ons egter weer in dié omgewing gaan kuier, sal ons beter voorsiening maak vir ons eie voorkeure en behoeftes. Die besoek aan Boplaas vir soetwynaankope het egter opgemaak vir die teleurstelling van die plaaslike slaghuis, wat veel te wense gelaat het."
"We think Fishethaven is nearby Hermanus and other places. It is a lovely place to stay."
"Vriendelike mense en 'n heerlike geleentheid om weer die platteland te ervaar. "
"Die Weskus is nie te alle tye van die jaar beeldskoon nie, maar plekke soos Khwa ttu, maak dit mooi."
"Die tydjie was te kort om die dorp behoorlik te verken Sal moet teruggaan vir meer toeriste uitstappies."
"Die verskeidenheid van goeie restaurante, pragtige natuurskoon en baie om te doen maak Plettenbergbaai ons gunsteling bestemming."
"The views and accessibility to shops, banks, etc. is very convenient. Perfectly located."