Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 34970 reviews.
"Ek verkies 'n rustige omgewing wanneer ek vakansie hou en hierdie was perfek!"
"Lieflike dorpie, met pragtige huise, mooi winkels, restaurante met goeie kos, en gawe inwoners."
"Bied geweldig baie, dis net baie besig in seisoentyd. Wye spektrum van aktiwiteite. As jy nie die area kan geniet nie sal jy nêrens tevrede wees nie!"
"Noordhoek is beautiful! Mooiste wit strand. Baie lekker eetplekke en gawe "community"."
"Pragtige plekkie, ideal vir klein kindertjies om te swem in die lagoon. Heerlike eetplekke. "
"Klein dorpie waardeur gery word op die N1. Besoek gerus 4Sheep as julle oorslaap."
"Lieflike en rustige dorpie langs die kus, sal weer teruggaan, ideaal vir 'n vakansie en vir die vissermanne."
"Near Wilderness, that's the place with nice restaurants. In Hoekwil there isn't much. "
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert en ons het dit regtig geniet. Alhoewel ons daar was oor 2 vakansiedae, en meeste plekke toe was vir besigheid, het ons dit steeds geniet. "
Great Brak River, Western Cape
At 29 Columba"Groot Brakrivier is baie mooi met die rivier en die see. Baie min winkels en vermaak vir jong mense. George en Mosselbaai is gelukkig naby. Sal eerder by een van hulle vakansie hou."
"Dis seker maar n algemene probleem - die 1ste Januarie moet 'n mens maar wegbly van die strande af. Strand-area was verskriklik besig, maar behalwe daarvoor is Strand baie lekker."
"Lekker Karoodorpie waar daar altyd gestop word om petrol in te gooi."
"Klapmuts het heelwat wynplase. Die vlinderplaas is 'n moet en as jy iets vir onthaal nodig het, is daar 'n Checkers en drankwinkel so 3 km van die plek af. 'n 24 uur-Pick 'n Pay is ook by die vulstasie beskikbaar."
"Lovely suburb, central and safer than most. Traffic was a bit nightmarish on the days of the cricket test but it can be avoided with planning. "
"Wonderlike plek, maar ongelukkig is die plek bestrooi met stompies by elke bankie waar jy wil gaan sit om na uitsig te kyk. Dit is hondevriendelik, maar ongelukkig moet jy mooi kyk waar jy loop anders trap jy in poef en oor Nuwejaar gee niemand om oor honde nie - die vuurwerke gaan mal."
"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "