Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 34970 reviews.
"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
Great Brak River, Western Cape
Wolwedans Guest Manor"Groot Brakrivier, die beste plek ooit, die beste ligging en jy kan orals heen loop."
"Dis een van ons gunsteling vakansiebestemmings in die Kaap en ons sal definitief weer gaan."
"Hierdie dorpie is lekker sentraal vir uitry na die verskillende strande toe. Sal definitief weer daar 'n draai maak."
""Nature's Valley" is presies wat die naam vir jou sê: beeldskone natuur wat weggesteek is van al die stadsgeraas. Die see, lagoon, wandelpaaie, kanovaart, visvang, natuurskoon met asemrowende uitsigte, als is daar. Dit is vêr genoeg vanaf al die 'har-war' van die besige dorpe, maar naby genoeg om gou dorp toe te ry indien mens iets benodig. Daar is 'n winkeltjie en restaurant met die mees basiese benodighede op die dorpie self, asook ander eet en kuier plekkies in die nabyheid. Hierdie is beslis nie die plek vir die persoon wat van die stadslewe, winkelsentrums en kuierplekke hou nie, dit is presies die teenoorgestelde: natuurskoon, rustigheid, familietyd, rustyd ... hier kan 'n mens die Skepper se handewerk beleef."
"Ons het by Granaat ontbyt geëet en dit was heerlik en baie interessant."
"Ons het 'n 'ghost tour' gehad en baie lekker in die Hotel geëet. Ons was net daar vir een aand, maar ons wil volgende keer langer in die dorpie bly."
"Van die plekke wat ons besoek het wat ek kan aanbeveel is: Wupperthal, Leipoldt se graf, die tronkmuseum, Die Rooibostee Huis, Venterklip Farm Pub, Elandsbaai (rotstekeninge), Lambertsbaai en Nancy's Tea Room. Van die plekke is nie duidelik aangedui nie, so maak seker dat jy eers uitvind voordat jy ry. Hierdie plekke sluit Heerenlogement en Bodam, asook die Anglo-Boereoorlog Grotte en Elandsbaai se se rotstekeninge in. "
"Plekke wat ons besoek het gedurende ons verblyf en wat ek kan aanbeveel is Riebeeck-Kasteel, Tulbagh en Alles Verloren-wynplaas."
"Pragtige ou historiese en skoon dorpie. Veral aan die onderkant waar huise uit 1850 dateer. Die mense is ook almal vriendelik."
"Riebeek-Kasteel is reeds een van my gunstelingbestemmings in die Wes-Kaap. Ek is bly ek het besluit om dit met familie van Gauteng te deel."